IMPORTANT NOTICE!

WELCOME, You are in the old website section up to 2011, please click HOME to view the website in the new 2012 design and system. THANK YOU!

ANNA VAN RENSBURG in JHB

Published Date
06 May 2009
Now Living in
JHB, South Africa
Occupation
Graphic Designer
Ek bly en werk in Johannesburg: Of my “Jozi” met sy lieflike rooi sonsondergange. Die stad wat as ‘n woud geklassifiseer word as gevolg van die hoeveelheid bome per vierkantemeter. Elke seisoen met sy kenmerkende reuk – Die reuk van koffie as mens in die winter in Melville se strate afloop, vars gesnyde gras en braaivleis in die somer, gekneusde blare onder jou voete in die herfs en die eerste reën in die lente.

Daar is soveel plekke net om die draai wat mens kan besoek oor naweke. “The cradle of human kind” waar “tannie Ples”, die verlore skakel tussen mens en dier, gekry is. Die Hollandse kaasplaas by Hartebeespoortdam. Die dieretuin met Moyo net oorkant die straat vir ‘n heerlike Afrika-Renaissanse ete. Mens kan ook een van die vele kuns gallerye en museums besoek, ‘n toneelstuk in Newtown gaan kyk of natuurlik by een van vele winkelsentrums ‘n draai maak.

Daar is heelwat verbeteringe wat aan die infrastruktuur in en om Johannesburg gemaak word. Die Gautrain met sy stasies en winkelsentrums, verbetering van die snelweë, nuwe sportkomplekse vir die 2010 Sokker Wêreld Beker en die opknapping van Newtown in die middestad.

Plek van weerlig, plek van goud. Dit is nou maar eenmaal waar my wortels begrawe is. As ek my oë toemaak en aan Jozi dink kan ek die energie voel wat uitgestraal word, die stad lewe!
Images (1)
Prev Next
Die Antwoord - I FINK U FREEKY
Brakpan Jokes
Why teachers drink and some go mad
Chris Chameleon Onderhoud deur Gerrie Van Eeden
Amarula Crème Brûlée Recipe
CASSETTE Review, Who do you trust?
Knysna Oyster Festival
A Cow Based Economics Lesson
Cape Malay Fish Cakes
Just Jinjer Interview