IMPORTANT NOTICE!
WELCOME, You are in the old website section up to 2011, please click HOME to view the website in the new 2012 design and system. THANK YOU!
Verbeel jou, jou studente dae van vooraf, net op ‘n eiland met ongelooflik baie sonskyn, baie meer geld en geen studies nie, dan is dit amper soos in Bermuda. Maar nog nie heeltemal nie, dit is eindelik nog 100 keer beter. Ek is alreeds 16 maande op die eiland en werk by die grootste bank op die eiland (ja, hier is meer as een!) Die eerste paar maande was maar erg, maar dit is seker maar op enige plek so as mens vreemd is, niemand ken nie en nog in rande betaal.
Dinge het egter baie vinnig verander. Dit is baie maklik om goeie vriende te maak, aangesien hier baie Saffas (en ander expats van reg oor die wereld) is, wat ook niemand ken nie en ook nog na die huis verlang vir daardie eerste paar maande. Maar as jy jou eerste Happy Hour op ‘n Vrydag middag na werk by die Hamilton Princess agter die rug het, het jy 10 nuwe vriende! En na jou eerste scooter ongeluk nog ‘n paar ekstra. Dit is moeilik om ‘n motor te besit op die eiland aangesien dit beperk word tot 1 per huis. Dus ry die meeste expats scooters of mopeds. Dit is baie gerieflik in die somer, maar die winter kan baie lank raak as mense elke tweede dag met ‘n nat reënjas by die werk aankom.
Die lewe op die eiland is verseker nie vir almal bedoel nie. As jy gewoond is aan ‘n groot stad gaan “rock fever” jou vinnig onderkry. Die plek kan baie klein raak, veral as mens elke tweede dag dieselfde mense in die straat sien, na dieselfde kuierplekke gaan en met dieselfde plaaslikes te doen kry. Gelukkig maak die talle strande met hul pienk sand, baie sonskyn, warm weer en die lughawe op daarvoor. New York, Miami, Boston en Washington, is 2 ure se vlieg vir ‘n vinnige naweek wegbreek. En dan is daar natuurlik ook die hordes Hotelle en Spa’s vir ‘n bederf.
Werk is volop in Bermuda, en die meeste expats werk in die Finansiele Dienste Sektor. Werk/lewe balans is verseker die moeite werd, met ‘n gemiddelde werksweek van 35 ure. Dit laat verseker oorgenoeg tyd vir snorkel en ‘n braai na werk in die somer. ‘n Gemiddelde naweek bestaan uit Happy Hour na werk op ‘n Vrydag, Saterdag snorkel, swem, volleyball, jetski en ‘n braai op die strand (of poker en vetkoek as dit reën), en Sondag ‘n rondte golf op een van die 8 golfbane.