IMPORTANT NOTICE!
WELCOME, You are in the old website section up to 2011, please click HOME to view the website in the new 2012 design and system. THANK YOU!
DANKFEES - 25 - 27 September 2009
Hoekom almal na die Dankfees stroom keer op keer bly ‘n raaisel... dit mag dalk die Suid Afrikaners se gemeenskaplike liefde vir die trippel B (biltong, braaivleis en boerewors) en ‘n groot makietie die aand wees wat dien as ‘n defnitiewe trekplyster. Die jongspan baljaar en neem deel aan items soos boeresport, springkastele, wimbuks, pyl-en-boog, golf, en touchies. Ma en Ouma se wenrespte sorg elke jaar vir smul lekker tuisgebak soos melktert, koeksusters, en vetkoeke. ‘n SA winkel staan op bystand om almal se SA Goodies in die spens aan te vul.
Die potjiekos koning vir 2009 moet weer gekroon word. Enigeen wat spog met hul kookvernuf kan hier hul staal kom wys. Hetsy jy ‘n beesstert potjie het of selfs spesialiseer in ‘n afval pot, almal wat die fees bywoon kan die geleentheid kry om van jou heerlike pot te proe.
Die fees het sy oorsprong in 2001 gehad. Die idée het in die Suidwyk (Guilford en omliggende gebiede) ontstaan. Die Rossou’s se plaas het as die eerste Dankfees terrein gedien en het klein begin. Met elke daarop volgende jaar het dit gegroei in grootte en getalle tot die fees wat dit nou is. In 2007, is die Dankfees noodgedwonge na ‘n nuwe perseel geskuif . Die Hop Farm in Kent was die Dankfees se nuwe tuiste. Die groter terrein was ‘n aanwins en SA Gemeente kon vir die eerste keer ‘n massa kamp oor die naaweek fasiliteeer. In 2008, was daar ongeveer 800 kampeerders en oor die 2,400 feesgangers.
Iets wat die Dankfees besonders maak, is die feit dat dit werklik net gemik is op lekker samesyn tussen vriende en familie. Die fees het glad nie ‘n wins motief nie en indien daar enige surplus fondse oorbly, word dit aan liefdadigheid geskenk.
Vir ‘n werklik onvergeetlike ondervinding, maak jou dagboek leeg, gryp jou vriende, boek jou kampplek en kom geniet die naweek (25-27 Sept) saam met ons in pragtige Kent. Alle eer aan God ons Heer.