KLETS MET ROBBIE WESSELS
Published Date
31 July 2009
Author / Submitted by
Natasha van der Walt
Article Image
ROBBIE WESSELS is ‘n akteur en sanger, ‘n liedjieskrywer en storieverteller. Hy’s die man wat vir ons die leeuloop gebring het, maar hy het baie ander talente ook. Wanneer dit by kreatiewe talent kom, is hy een wat voor in die ry kan staan.
Wie is Robbie Wessels?
Ek is ‘n rustige ou wat lief is vir my land, my familie en ‘n glasie rooiwyn so nou en dan. Afrikaanse musiek is nog een van my liefdes en ek hoop dat ek ‘n bydrae kan lewer. Dit is ‘n plesier om vir die land en sy mense op te tree.
Wat het die nuwe album ge inspireer?
‘n trippie verlede jaar Holland en Belgie toe...
Wat kan ons van die album verwag?
Daar is ‘n paar seker treffers op die album. ‘Player 23’ is reeds gewild as gevolg van die Vodacom-advertensie waarvoor dit geskryf is. ‘Liewe Ouers’, oor twee jong Suid-Afrikaners se avonture in Londen, is reeds gewild onder Robbie se aanhangers en die skreeusnaakse ‘Speedo’s en Crocs’ as ook ‘Stacey en Thysie’ gaan beslis vir nog twee treffers op die album sorg.
Die fun liedjies is liedjies wat sommer net gekom het. Ek was opgewonde oor liedjies soos ‘Liewe Ouers’ en ‘Stacey en Thysie’ nog voor ek dit opgeneem het. Ek het net ‘n idee gehad hulle gaan werk.
Aan die ernstiger kant is daar liedjies soos, ‘Sal Ek Ooit Weet’, ‘Halleluja Om die Vuur’ en die sielsmooie ‘Sein in die Hemel’. ‘n Liedjie soos ‘Slaptjips en Atjar’ gaan byvoorbeeld oor my eerste tien jaar in Pretoria. Dit is moeilik om te sê wat my gunsteling liedjie op die album is, maar ‘Sein in die Hemel’ lê baie na aan my hart.
Wat kan ons van Robbie verwag in die volgende vyf jaar?
Ek beplan nie so ver vooruit nie, leef van dag tot dag. Ek het die laaste jaar of wat baie gedink oor die feit dat mense van my verwag om altyd die funny ou te wees. Ek sal graag wil hê mense moet weet ek het ‘n ander kant ook. Met die skryf van hierdie album het ek vrede gemaak daarmee. Ek is gemakliker met myself en weet nou dat dit OK is dat ek twee kante het.
Wat is die beste raad wat jy nog ooit gekry het?
Leef jou lewe.
Is daar n meisie in jou lewe?
Nog nie...
Waar was jou beste show en hoekom?
Defnitief Aardvark in Londen, die crowd met die meeste gees!
Hoekom kom kuier jy net een keer n jaar in London?
Wens ek kon meer kom kuier maar my schedule laat dit nie altyd toe nie!
Wat se boodskap het jy vir Suid Afrikaners oorsee?
Ek voel juis my CD is gemik op ons mense in die buiteland wat na Suid Afrika verlang...ek dink hulle sal baie kan relate met sekere van die songs.