Published Date
14 May 2009
Author / Submitted by
Craig Le Roux
Gee ons bietjie agetrgrond op die band en die naam? Daar moet tog ‘n goeie storie wees agter die naam?
Die naam: Foto na Dans is ‘n skoon, neutrale en deurskynende term. Dit word beskikbaar gestel saam met ons musiek en soos die musiek, is die naam oop vir interpretasie. Die naam ontwikkel tot die musiek, en die klank voed die naam. Die musiek dra die boodskap, die naam lei jou na die musiek.
Julle toer gereeld en een van julle groot toere is die Avon Toer. Vertel ons bietjie meer oor hoe dit onstaan het.
Ja ons toer redelik gereeld. Ons is tans op ‘n toer waar ons 8 shows in 11 dae speel regoor die land. Die Avontoer was ‘n inisiatief van DPK en het aanvanklik ontstaan deurdat 6 bands op 1 bus klim en net kus op travel. Dinge het darem BAIE gevorder van daai tyd af. Die eerste toer het mense op sypaaidjies geslaap! Die eerste toer was in 2006 en het intussen sekerlik een van die grootste toere in die land geword.
Wat dink julle van die Afrikaanse musiek bedryf in die VK?
Is daar ‘n afrikaanse musiekbedryf in die VK? Ek sal meer wil weet hieroor.
Hoe voel julle oor die optrede by die Immergroen Fees? Almal is baie opgewonde om daar by julle te kom jol. Dis altyd lekker om te travel en jou musiek na mense toe te neem en om die geleentheid te hê om na ‘n ander land te gaan en daar te speel is altyd ‘n groot eer.
Wat’s volgende vir FND?
Die band werk tans basies voltyds aan ‘n nog vollengte album wat teen die einde van die jaar gerelease gaan word. Dit sal gevolg word deur die usual (music vids ; singles ; toere etc). Ons gaan ook volgende jaar ‘n groot toer in Europa aanpak en kyk hoe die Hollanders van ons musiek hou.