IMPORTANT NOTICE!

WELCOME, You are in the old website section up to 2011, please click HOME to view the website in the new 2012 design and system. THANK YOU!

JOU SENTE JOU DROME JOU TOEKOMS vol gate

Published Date
15 June 2009
Author / Submitted by
Christine van der Merwe
Article Image
Ek’s ‘n groot aanhanger van The Secret Millionaire. Hierin besoek suksesvolle entrepreneurs ‘n minder gegoede buurt en gee voor asof hulle ‘n dokumentêr oor liefdadigheidswerk verfilm. ‘n Week later bieg hulle dat hulle eintlik rol in die geld, en dan deel hulle vet tjeks uit vir mense wat hulle beïndruk het. Hier begin almal gewoonlik grens: die miljoenêr, die oorblufte ontvanger van sy barmhartigheid, en ek.

Mense knak soos tandestokkies as hulle besef hoe die wiel onverwags vir hulle gedraai het. Vir kykers is dit emosioneel, want jy kry so lekker oor een ou se goedheid, en oor ‘n ander se voortreflike lot. Dikwels is die mense wat die meeste van hulle tyd of geld vir ander gee, self nie so goed daaraan toe nie. So mens kry skaam as jy sien hoe gulhartig hulle is. Vir die miljoenêrs is dit dikwels só bevredigend om ander te help, dat hulle plegtig belowe om meer gereeld aalmoese uit te deel.

Mens moet gee waarvan jy baie het, dink ek. Of dit nou tyd is, of geld. Of empatie. Of aandag. Of wortels. Watookal! Ek gee self gereeld verniet en gratis my (ongevraagde) raad. Mense staan behoorlik tou vir die opinies wat ek so kwistig uitdeel.

Dis bemoedigend om te sien hoe mense in Suid-Afrika met hulle talente woeker. Ek het onlangs gelees hoe musikante (o.a. Gian Groen en Roof Bezuidenhout) ‘n Spore op die Maan-konsert vir die aarde gehou het. ‘n Ander groep kunstenaars het weer ‘n CD opgeneem om mense hoop te gee. Die opbrengs gaan veral vir kinderslagoffers van geweld aangewend word. Sielsgebed, wat deur Mel Botes geskryf is, is die eerste liedjie wat vrygestel is. Met 12 bekendes (o.a. Dozi, Rina Hugo, Anna Davel, Piet Botha en Mathys Roets) wat saam in die “gebed van hoop” sing, is dit amper soos ‘n Suid-Afrikaanse weergawe van Do They Know It’s Christmas?. 

Wat ‘n begeesterde idee! Ek dink die CD is die ideale geskenk vir, seg maar, my Ouma se suster wat Sondagmiddag, toe sy ná haar middagslapie wakker word, sien hoe ‘n skollie met haar geliefde tjor wegry.
Images (1)
Prev Next
Help Save Two White Tigers!
Visitor Visas for 2012 Olympic Games
Freshlyground Interview by Elle
Turkey Shanks Recipe
Die Antwoord - I FINK U FREEKY
Venice Still Standing
Even old New York was once New Amsterdam
Ouma's Fluweelpoeding Recipe  (Velvet Pudding)
Chicken Livers Recipe
Chakalaka House Salad Recipe