KERSVADER
Published Date
15 March 2009
Author / Submitted by
Gerrie van Eeden
Article Image
Vir een ding, in Suid Afrika is daar nie sneeu nie. Veral nie die tyd van die jaar nie.
Meeste huise het ook nie skoorstene nie, en soveel diefwering en alarms dat niemand sommer kan inkom wat nie binne hoort nie. Maar dit is alles klein probleempies vir Kersvader as hy sy jaarlikse uitstappie maak en in Suid Afrika aankom. Die slim ouens het gaan sit en so paar somme gemaak. En die resultate is verstommend.
Daar is baie kinders in die wêreld wat Ou Rooies moet gaan sien. Hy gaan sien nie almal nie, want sommige is van ander gelowe wat nie geskenke uitdeel nie. Maar in totaal is daar steeds ongeveer 379 miljoen kinders in gemiddeld 108 miljoen huise wat vir hom melk en koekies onder die boom gelos het. Die afstand tussen huise is 1,2km gemiddeld as jy al die huise wat hy moet besoek in berekening bring en hy het 31 ure van donkerte om dit te maak. Die slim mense sê dis 967.7 huise wat hy per sekonde moet besoek. En sy slee gaan die afstand van 120.8 miljoen kilometer teen ‘n spoed van 1040 kilometer per sekonde aflê. Meer as 3000 keer die spoed van klank.
As jy verveeld is by die werk en op die internet gaan rondkrap, kan jy nog vele ander interessante feite kry aangaande Sinterklaas en hoe hy die magic laat gebeur. Maar op die ou einde van die dag, maak dit nie saak hoe hy dit regkry nie, al wat saak maak is dat jy aanhou glo tot jy ten minste agt jaar oud is. Jy moet ook werklik glo hy het op een of ander wonderbaarlike manier die briefie gekry wat jy vir jou ma gegee het om te pos waarin jy gevra het vir ‘n rooi fiets en dis dan hoekom daar ‘n rooi fiets langs jou bed staan as jy jou oë oopmaak op Kersoggend.