IMPORTANT NOTICE!

WELCOME, You are in the old website section up to 2011, please click HOME to view the website in the new 2012 design and system. THANK YOU!

NUWEJAARS VOORNEMENS

Published Date
19 March 2009
Article Image
Vergeet van die ou holrug geryde onderwerp oor wat die gewildste Nuwejaarsvoorneme is of wat bekende mense gaan doen. Ons het gevoel dis dalk tyd om ‘n ander spin op die hele onderwerp te sit. So kom ons kyk eers, wat sal jy doen as jy dit wragtig regkry om by jou nuwejaarsvoornemens te bly, en hoe sal die wêreld dan daar uit sien?

Van die gewildste voornemens is om skuld af te betaal, meer geld te spaar, gewig te verloor, op te hou rook en drink en dan om vriendeliker te wees. Ek sien dit alles as een – as mense ophou rook en drink, sal hulle nie grumpy raak as hulle ‘n sigaret soek of ‘n babelaas het nie, hulle sal gewig verloor want bier maak vet en dus ook geld spaar om dan so hulle skuld af te betaal. Maar dan gaan ander mense weer in die knyp beland. Bottelstore en pubs gaan links en regs toemaak, die tabak maatskappye se profyt gaan up in smoke wees en skuldinvorderaars, soos die mafia, gaan niemand meer kan opskroef nie. En as almal teen volgende jaar met Nuwejaar vriendeliker is met hulle medemense of dalk ‘n nuwe stokperdjie geleer het, sou wêreld-vrede al lankal oor ons geheers het. So wat ek voorstel is dit. Ons moet almal hierdie jaar voornemens maak wat, aangesien ons weet ons gaan dit in elk geval breek, ons dan net kan goed doen.

So in stede van ophou rook, maak die voorneme om 40, in plaas van 20 ‘n dag te rook. Eet meer, drink meer, skel jou bure, kom laat vir werk, maak meer skuld en spandeer al jou spaargeld op die vlooimark en dalk, net dalk, as ons gelukkig is, is ons almal volgende jaar gelukkiger mense met geen skuld, ‘n vakansiehuis in die Suide van Frankryk waar ons almal sonder vetrolletjies op die strand kan sit en vriendelikheid kan uitstraal teenoor al die ander mense op die strand. Net dalk.
Images (1)
Prev Next
Only Real Men Can BRAAI
Amarula Crème Brûlée Recipe
TROMPIE en die Boksombende
Venison Stroganoff Recipe
CASSETTE Review, Who do you trust?
Wildebeest on Roast Butternut with Onion Mash Recipe
Liewe Heksie TV Program Series
LAS VEGAS - desert city of lights and water
Malva Pudding Recipe
Die Antwoord TEN$ION