IMPORTANT NOTICE!

WELCOME, You are in the old website section up to 2011, please click HOME to view the website in the new 2012 design and system. THANK YOU!

ZUMA EN DIE HEUNINGKWAS

Published Date
28 May 2009
Author / Submitted by
Christine van der Merwe
Article Image
Jocob Zuma het glo nou die dag gesê dat, van alle wit groepe in Suid-Afrika, Afrikaners die enigste “ware Suid-Afrikaners” is, omdat hulle nie twee paspoorte het nie en gevolglik nie sal (of kan!) weghol as daar probleme is nie.

Wie kan hoegenaamd teen sulke vleitaal immuun wees? Die ganse Afrikanerdom het sommer ‘n nuwe blos op die wange. Ons koppe draai behoorlik van die manjifieke moontlikhede wat so ‘n vlerkslepery inhou. Ek wil nie dinge vooruithardloop nie, maar verbeel jou net... Koebaai Mhlambanyatsi en Marapyane! Welkom terug Buffelspruit en Skilpadfontein!

Jy kan maar sê Afrikaners was die slagoffer van ‘n politieke one night stand. En nou sit die volk by die foon en wag vir ons sjarmante held se volgende oproep. Die Souties (oftewel “twee-paspoort landsverraaiers!”) sal sê ons is desperaat. Maar ons was net vir té lank afgeskeep. Ja, ons weet hy’s ‘n skollie, maar ons vergewe hom. Ons is immers mál oor mense wat van ons hou.

Ek sal maar nie vir Zuma die medalje wys wat ek onlangs tydens my Britse burgerskapseremonie gekry het nie. Wie weet hoe hy dan oor my (‘n Vannermerwe - wat welliswaar nie meer Afrikaans kon wees al sou ek permanent ‘n “100% Boer” T-hemp dra nie) sal voel! Ek sal ook verswyg dat al die witmense wat daardie dag saam met my in die “Britse familie” verwelkom is toevallig ook Afrikaners was.

Sommige van julle is natuurlik meer sinies en dink Zuma smeer ons so heuning om die mond, net om later ‘n Dingaan op ons te trek. Hoogs onwaarskynlik, reken ek. Iemand wat so geneë is om almal tevrede te hou, sal mos álles in sy vermoë doen om nie die groot kanonne in wêreldpolitiek te ontstel nie. Dit sou waansinnig wees.
Images (1)
Prev Next
Crème caramel with Lime, Mint and Strawberry Recipe
Woman arrested for racist attack in London
Slegs Ware Manne Braai Vleis!
Liewe Heksie TV Program Series
Grap: 'n Boer maak 'n plan
Why teachers drink and some go mad
OKTOBERFEST Cleavage heaven
What can you do to help Stop the Secrecy Bill?
Travel Getaways where the Women can Play
Turkey Shanks Recipe