IMPORTANT NOTICE!

WELCOME, You are in the old website section up to 2011, please click HOME to view the website in the new 2012 design and system. THANK YOU!

MUSIEK INNI VK December 08

Published Date
22 February 2009
Author / Submitted by
Gerrie van Eeden
Article Image
Ek moet erken, voor Lize Beekman ons hier in London kom warm sing het met haar ryk stem en lekker stories, het ek net geweet sy is iemand wat sing, en nie veel meer nie. En is ek nie spyt nie? Van die eerste oomblik wat haar helder stem my onkant gevang het, tot by die amperse wese verandering wat sy ondergaan as sy begin stories vertel, soos net `n meisie wat Melkbosstrand huis noem, kan. Eers was dit vlakasem van opgewondenheid om uiteindelik `n jare lange droom van haarself te verwesenlik deur in London op te tree. Daarna lekkerverlang stories en liedjies van haar 101 jarige Ouma Bessie, en die briewe van Ryno, haar “vriend wat langs die grootste water bly” – meer as dit is nie algemene kennis vir die publiek nie! Maar die een staaltjie en verhaal agter `n liedjie wat sy vertel het, wat my persoonlik diep geraak het, was iets wat net Suid Afrikaners sal verstaan. Dis iets wat elkeen van ons, of ons nou in London, Dubai, Perth of Quebec sit, al iewers van gehoor of gesien het. Heel eenvoudig, `n Boer wat bly is, dankbaar is oor reÎn. Genadewater. Sy het `n boer sien dans, hoed in die hand, in die Karroo, uit suiwer dankbaarheid vir die reÎn. Dis daardie einste tipe reÎn wat so lekker ruik in die somer. Die reÎn wat daai middaghitte breek, en dis dit wat my laat weet het, ek is dankbaar dat ek na Suid Afrika toe kan terugkeer, en weet, afgesien van Eskom wat nie vir ons krag het nie en die petrol wat so duur is, daai lekker kry, soos sy dit so goed in die liedjie beskryf het, is iets wat altyd in elke Suid Afrikaner se bloed is. En saam met die `Sonneblom uit Bethlehem', sal daai herinnering en gedagte van die eerste keer wat ek Lize Beekman sien optree het, altyd by my bly, en as ek haar hopelik in die toekoms weer sien optree, sal dit op eie bodem in ons geliefde land wees. Musiek groete Gerrie
Images (1)
Prev Next
Al Debbo Tribute
LAS VEGAS - desert city of lights and water
Ouma's Fluweelpoeding Recipe  (Velvet Pudding)
Die Antwoord - I FINK U FREEKY
Robbie Wessels Interview by Elle
Visitor Visas for 2012 Olympic Games
Amarula Crème Brûlée Recipe
Paddy and the hooker
Crème caramel with Lime, Mint and Strawberry Recipe
Barry Hilton Interview by Elle