IMPORTANT NOTICE!

WELCOME, You are in the old website section up to 2011, please click HOME to view the website in the new 2012 design and system. THANK YOU!

MUSIEK INNI VK February 09

Published Date
22 February 2009
Author / Submitted by
Gerrie van Eeden
Article Image
Soos vele musikante jaarliks in foggy Lahnduhntown erken, is dit een helse voorreg om daar te kan wees. En as hulle voor `n uitverkoopte gehoor speel, is dit net nog `n pluimpie wat hulle aan hulself kan gee om te erken dat hulle nou rÍrig goed is. Teen die tempo wat groepe en musikante in Suid Afrika na vore kom en CD's vrystel, bepaal die wet van gemiddeldes dat 2009 weereens `n ryk jaar vir Suid Afrikaanse musiek gaan wees. Maar die begin van die jaar gaan relatief droog wees, as dit enigsins moontlik is in die Britse winter, met baie min aksie op die musiekfront vir Saffas daar. Dit alles bou op tot Julie 2009. As jy dan al elke dag jou ma bel en heeltyd Afrikaanse musiek op YouTube luister, is Immergroen jou redding. Die fees, wat oor twee en `n halwe dae gaan strek, sal jou musieklus 100% bevredig, terwyl jy aan worsbroodjies en koeksisters kou. Dit gaan `n fees wees soos ons kunstefeeste in SA ken. Stalletjies, musiek, braaivleis, musiek, Suid Afrikaanse TV programme en advertensies op `n groot skerm, musiek, potjiekos kompetisies en musiek! Kunstenaars wat die fees gaan bywoon sluit reeds Bok van Blerk, Chris Chameleon, Karen Zoid, ddisselblom en Klopjag onder andere in en daar is onderhandelinge aan die gang met nog kunstenaars om die speellys nÛg meer uit te brei vir die feestelikheid. So vir die eerste paar maande moet ons maar vir mekaar sing tot die groot name vir ons kan kom sing. Die kaartjies is reeds beskikbaar, maar vir die Vrydagaand van die fees is daar `n beperkte aantal kaartjies vir die eksklusiewe unplugged vertoning wat deur twee van die kunstenaars gehou gaan word. So spring dus vinnig om die geleentheid nie te mis nie. So begin solank jou credit crunch dinge uitsorteer en jou verlof reel vir die naweek, kry al die informasie op immergroen se webwerf (www.immergroen.com) en nooi jou vriende. Die een gaan kook. Musiek groete Gerrie
Images (1)
Prev Next
Grap: 'n Boer maak 'n plan
Venice Still Standing
Chicken Livers Recipe
LAS VEGAS - desert city of lights and water
Slegs Ware Manne Braai Vleis!
Sleeping with Mick Joke
Liewe Heksie TV Program Series
Bettys and Bakkies with Nik Rabinowitz
Freshlyground Interview by Elle
Chris Chameleon Onderhoud deur Gerrie Van Eeden