IMPORTANT NOTICE!

WELCOME, You are in the old website section up to 2011, please click HOME to view the website in the new 2012 design and system. THANK YOU!

MUSIEK INNI VK January 09

Published Date
22 February 2009
Author / Submitted by
Gerrie van Eeden
Article Image
Soos ons nou staan aan die begin van `n Nuwejaar kan ons terugkyk op `n jaar war baie musikante ons hier in die VK kom vermaak het. En elke vertoning was iets nuut, iets ander en iets wat my oortuig het Suid Afrikaanse musiek is sterker as ooit en nog lank nie klaar gegroei nie. Maar een ding wat elke Saffa moet doen terwyl hy hier is, is iets wat jy nie altyd so baie geleenthede voor kry in SA nie. En dit is ook maar net nie heeltemal dieselfde daar nie. Al is SA se feeste en musiekgedoentes oor die algemeen (volgens my) beter, is die wat jy hier kry, maar net BAIE GROTER! Ek het ongelukkig nie my klei by Glastonbury gaan trap nie, maar wat ek wel ervaar het is groot internasionale groepe wat in stadions optree voor duisende mense. Foo Fighters, Counting Crows, Goo Goo Dolls, Bowling for Soup en Fall Out Boy. En elke vertoning was vir my briljant. Nie om enigsins iets weg te vat van ons Suid Afrikaanse kunstenaars nie, die hele opset rondom die internasionale groepe is net nie iets wat so alledaags is in SA nie. Voor ek VK toe gekom het, het ek net eenkeer `n stadionkonsert van Robbie Williams in Durban gaan kyk. Die res van die tyd was die pryse vir `n arme student net TE verregaande. Maar as jy hier leef en werk is £45 om byvoorbeeld die Foo Fighters in Manchester te sien optree nie onhaalbaar nie, en ook nie verregaande nie. So hou aan om ons eie mense hier te ondersteun, maar kyk bietjie vÍrder ook, want jy weet nooit wanneer jy weer die kans gaan kry om woord vir woord saam met nog duisende ander “Mr Jones” in Hyde Park te sing nie. Musiek groete 
Gerrie
Images (1)
Prev Next
Amarula Crème Brûlée Recipe
Turkey Shanks Recipe
OKTOBERFEST Cleavage heaven
CASSETTE Review, Who do you trust?
Black Forest Gateau Recipe
We Love South Africa Because
Visitor Visas for 2012 Olympic Games
Paddy and the hooker
Freshlyground Interview by Elle
A week in KENYA is just what the doctor ordered