IMPORTANT NOTICE!

WELCOME, You are in the old website section up to 2011, please click HOME to view the website in the new 2012 design and system. THANK YOU!

ACK Hamilton

Published Date
30 December 2009
Address
61 Ascot Road, Chartwell
Telephone
(07) 855 3329

ACK HAMILTON : DIE GEMEENTE MET OOP HARTE NA GOD, TEENOOR MEKAAR EN NA DIE WêRELD.
God het sy hart vir ons oopgemaak in Christus en roep ons om ons harte oop te maak vir Hom, teenoor mekaar en na die wêreld.

Daarom:

* sal ons daarna strewe om in ’n opregte verhouding met God deur Jesus Christus te lewe en om God met ’n oop en onverdeelde hartlief te hê;

* sal ons ons harte teenoor mekaar oopmaak en in eerlike en opregte geloofsgemeen skap teenoor mekaar leef

* sal ons ’n oop hart hê vir die nood en behoefte van die gemeenskap waarin God ons geplaas het en ons daarop toelê om die liefde van Jesus aan die wat nog buite is, te bedien.


Kernwaardes
1. God drie-enig is die oorsprong en sin van ons bestaan as gelowiges en as gemeente. Die kruis van Jesus sal altyd sentraal bly en in alles sal die fokus altyd val op God-drie-enig.

2. Die Woord van God (Ou en Nuwe Testament) sal ons rigsnoer in alles bly.

3. Ons sal in opregtheid daadwerklik groei in ons verhouding met God deur die kragtige werking van die Heilige Gees in ons hart en lewe.

4. Ons sal gelowiges help en leer hoe om meer soos Jesus te leef.

5. Ons sal in alles oop wees teenoor ons mede-gelowiges en hulle onvoorwaardelik vergewe en aanvaar met die liefde van Jesus en sogroeiin ons openheid, liefde en omgee vir mekaar

6. Ons sal daarna strewe om ’n veilige tuiste te wees waar alle mense die liefde en warmte van Jesus prakties sal ervaar.

7. Ons sal ’n gemeente wees waar gesinne tuis voel en bedien word met die liefde van Jesus en groei in hul liefde vir mekaar en andere

8. Ons sal daadwerklik en met ’n oop hart uitreik na almal om ons en ’n verskil maak deur mense na Christus te lei en met Sy liefde te bedien.

Diensgeleenthede

Daar is veelvuldige geleenthede waar jykan betrokke raak, bestaande bedieninge, maar ook nuwe bedieninge... As die Here jou lei om iets nuut te begin, as jy 'n behoefte raaksien, kom gerus na vore - dalk is daar nog mense wat graag daarmee sal wil betrokke raak.


Eredienste
Hamilton:
Elke Sondagoggend om 9vm in die ouditorium van die
St Paul's Methodist Kerk in 62 London Street, Hamilton.

Kliek hier vir kaart

Buitewyk:

Elke 1ste, 2de en 4de Sondag om 11:30nm is daar ‘n diens in die Ngarua Community Church op die hoek van SH 27 en Diagonal Street (Tussen Morrinsville en Matamata)

Ander gemeentes van die
ACK van NZ

Auckland, North Shore en Howick:
Lees meer oor ons Auckland gemeentes

Rotorua, Wellington, Christchurch

Die Afrikaanse Christen Kerk van New Zealand ( http://www.afrchristenkerk.co.nz/ )
bestaan reeds uit 7 gemeentes oor die hele NZ

Auckland : http://www.ackauckland.co.nz/

North Shore :

Prev Next
Liewe Heksie TV Program Series
Cruise ship sayings inspired by the Costa Concordia
Mieliebrood Corn Bread Recipe
We Love South Africa Because
National Arts Festival
Elderflower Fritters Recipe
The Garden Route
La Provence D'Afrique
Brakpan Jokes
Visitor Visas for 2012 Olympic Games