IMPORTANT NOTICE!

WELCOME, You are in the old website section up to 2011, please click HOME to view the website in the new 2012 design and system. THANK YOU!

ACK Nieu Seeland

Published Date
30 December 2009
Image
Address
131A Stredwick Drive, Torbay
Telephone
473 5320

Ons Visie

Om as God se kinders 'n geestelike tuiste vir Afrikaanssprekendes te skep waar ons dienend omgee vir alle mense en so uitvoering gee aan Christus se opdrag om dissipels van alle mense te maak.

Ons beplan om ons Visie op die volgende weë te bereik:

Dat alle lidmate opnuut opgewonde sal wees oor hulle kindskap in Christus.
Dat alle lidmate in lyn methulle roeping en gawes ingeskakel word by dienswerk wat amptelik of nie-amptelik, binne of buite die gemeente onderneem word.
Die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland het sy ontstaan te danke aan ‘n groepie Afrikaanse immigrante wat in die loop van 1998, en vroeër, in Nieu-Seeland aangekom het. Nadat van hierdie gesinne verskillende Engelse kerke besoek en ervaar het dat hulle nêrens tuis voel nie, is die behoefte na ‘n eie Afrikaanse kerk uitgespreek. Hierdie gedagte is met vriende gedeel en het by ‘n groep van die immigrante aanklank gevind. Die strewe na ‘n eie Afrikaanse kerk op die North Shore van Auckland het posgevat.

‘n Kerk moet natuurlik ‘n dominee hê. Ds. Dawie Kriel, vroeër van die Hervormde Kerk in Suid Afrika, wat op hierdie stadium ‘n leraar van die Presbiteriaanse gemeente in Te Kauwhata (Nieu-Seeland) was, is genader om ‘n Afrikaanse erediens een keer per maand op die North Shore te hou. Hy het ingestem en die eredienstedienste het begin. Geen kerkstigting het op daardie stadium plaasgevind nie en daar was bloot eredienste gehou om die vatbaarheid van ‘n eie Afrikaanse bediening te toets. Die een diens per maand het gou oorgegaan in ‘n erediens elke Sondag. Eredienste is aanvanklik in die Metodiste kerk in Waiake te 642 Beach Road, gehou. Die eredienste was om 12:00 want daar moes eers gewag word vir die Metodiste-gemeente om met hulle 10:00 vm diens en saamkuier klaar te maak.

Op 1 November 1998 is daar oorgegaan tot die amptelike stigting van ‘n eie Afrikaanse kerk en as naam is daar besluit op “Die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland” (ACK van NS). ‘n Naam konnotasie met enige van die Afrikaanse susterkerke in SA is doelbewus vermy sodat alle Afrikaanssprekendes wat vanuit ‘n kerk met gereformeerde belydenis kom, tuis sou voel. In die beginperiode kort na stigting moes verskeie sake van die grond af kom. Die kerkraad het weekliks vergader om vordering te monitor. Naas die praktiese bedieninge soos eredienste en kategese moes daar ook aandag gegee word aan die opstel van ‘n kerkorde, beleidbepaling, registrasie van die ACK van NS as amptelike kerk in Nieu-Seeland en vele meer.

Ongeveer gelyktydig met die stigting van die ACK van NS, het Dr. Stanley Theron begin om eredienste vir ‘n groepie Afrikaanssprekendes in die Howick omgewing te hou. Hulle het kort na die stigting van die ACK van NS, die Onafhanklike Gereformeerde kerk van Howick gestig en eredienste is elke Sondag deur Dr. Theron gelei. Dr. Theron het op daardie stadium as hulle konsulent opgetree omrede hy nog steeds leraar van die Ned Geref ge

Images (1)
Prev Next
Grap vir die dag: Taalgebruik by die Kantoor
Wakita Spur
TROMPIE en die Boksombende
National Arts Festival
The Great White BEE Shark
Switzerland Ski Holiday in Jungfrau
Weber Turkey Recipe
Straweberry Tart
Deadlands by Lily Herne
You are proudly South African when...