IMPORTANT NOTICE!

WELCOME, You are in the old website section up to 2011, please click HOME to view the website in the new 2012 design and system. THANK YOU!

ACKA

Published Date
30 December 2009
Image
Address
41 Mt Nathan Road, Mount Nathan
Postcode
4211
Country
Telephone
(07) 3822 9595

Die Afrikaanse Christen Kerk - Gold Coast nooi iedere en elke Christen om saam met ons Jesus Christus te dien in 'n omgewing waar ons gemaklik kan wees tussen gemeentelede wat ons taal en kultuur deel.
"Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal." (Kol. 3:11)

Alhoewel ons as gemeente Afrikaans as medium vir ons bediening gebruik, is ons fokus nie op ons taal gerig nie, maar op Jesus Christus, die Seun van God, ons Verlosser (ICTHUS). Soos Paulus in Kol. 3:11 sê is Jesus Christus vir ons alles. Dit is in Hom in wie ons glo, aanbid, dien, volg en deur wie ons in ‘n versoende en lewende, persoonlike verhouding met ons Hemelse Vader leef. Jesus Christus het aan ons sy Heilige Gees, die Gees van die Waarheid, gegee om ons as gelowiges, individueel, maar ook as gemeente, in die waarheid te lei. Ons voel nie net alleen geroepe om die Liefdesgebod van Mat. 22, in mekaar se lewens uit te leef nie, maar ook sigbaar die liefde van God, die Vader en Jesus aan ‘n gebroke wêreld te bedien.

As ons moet definieer wat ons as die waarheid beskou, dan voel ons een met die belydenis en Skrifbeskouing van die Reformatoriese Kerke, sedert die Reformasie, oor al die eeue heen, tot vandag. Ons onderskryf dus die Drie Formuliere van Eenheid, by name die Nederlandse Geloofsbelydenis, Die Heidelbergse Kategismus en die Dortse Leerreëls. Ons aanvaar ook die Westminister Konfessie as geldende geloofsdokument. Oor wat ons as Kerk bely, verwoord die Ekumeniese belydenisskrifte, nl. die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Belydenis van Nicéa en die Geloofsbelydenis van Atanasius presies wat ons as gelowiges gemeenskaplik bely.

Geen kerk kan sonder sy leerstellings staande bly teen die aanslae van Satan nie. Satan is aanhoudend in sy pogings om deur middel van dwaalleer, wolwe onder die kudde van Christus in te stuur. Daarom is ons belydenis vir ons belangrik, maar van uiterste belang is ons volgehoue gehoorsaamheid aan en fokus op Jesus Christus gerig.

Om die gebedswoorde van C.H. Spurgeon te gebruik "Geloof wat net bely maar nie ook geleef word nie, help niks. Lampe praat nie; hulle laat hulle lig skyn." Ons sal as gemeente leef en sal van krag tot krag gaan, want ons belydenis en ons gehoorsaamheid aan die Jesus Christus staan vas. Hy het elke gemeente wat op Hom as Rots sou bou deur Hom as die Seun van God blywend te bely, die volgende belofte gegee: "En Ek is vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie." (Mat. 16:18)
 

Images (1)
Prev Next
Robert Mugabe almost dead
Why teachers drink and some go mad
Mexican Salad
The Future of Travel
FHM Model of the Year 2011 Tweeted the K word
Skiing in the Drakensberg
Black Handed Kites
Abreu’s Coffee Shop
The Memories of Holidays
South African F1 Grand Prix