IMPORTANT NOTICE!

WELCOME, You are in the old website section up to 2011, please click HOME to view the website in the new 2012 design and system. THANK YOU!

APK Kerk London

Published Date
30 December 2009
Image
Address
Holy Trinity Kerk, 185 Hermon Hill, South Woodford
Postcode
E18 1QQ
City
Country
Telephone
079 2176 7307

Gereformeerde Dienste in Afrikaans elke Sondag om 12h00. Tans gebruik ons die Holy Trinity kerk in South Woodford.
n Kerk in die ware sin van die woord – dit is wat die Afrikaanse Protestantse Kerk wil wees. Daaronder verstaan ons ‘n gemeenskap van mense wat dieselfde geloof het, in liefde wil saamstaan en mekaar ondersteun om daardie geloof al sterker te laat groei. Dit is die geloof in die enig-ware God, die Drie-enige wat Hom in sy Woord openbaar het en in Christus Jesus voortgaan om sy goeie skepping, wat deur die historiese val in Adam in sonde en ellende gedompel is, handelend en kragdadig onder leiding van die Heilige Gees te herskep totdat dit in die wederkoms van Christus voltooi sal wees. As sodanig wil die AP Kerk in sy eie tyd en kultuursituasie, en na sy eie roeping, ‘n openbaring van die tydomspannende Liggaam van Christus wees aan die hand van die gereformeerde belydenis en kerkregering.
 
Om sy roeping te vervul, vra doelgerigte gehoorsaamheid van die kerk. Om dit te doen, wil die AP Kerk met Christus op pad wees die toekoms in. Dit beteken nie dat die Kerk van Christus se aard en roeping met die wisseling van die tydsomstandighede verander nie, maar dat dié Kerk in die besonder daarop toegespits wil wees om sy eie tyd se probleme daadwerklik en doelgerig, in die lig van die Woord, aan die man te bring, Skriftuurlik te beantwoord en te help om die toekoms in geloof in te gaan.

Images (1)
Prev Next
Liewe Heksie TV Program Series
CASSETTE Review, Who do you trust?
Brakpan Jokes
Just Jinjer Interview
We Love South Africa Because
OKTOBERFEST Cleavage heaven
Grap vir die dag: Taalgebruik by die Kantoor
TROMPIE en die Boksombende
Grap: 'n Boer maak 'n plan
Can you read this? Brain Game