IMPORTANT NOTICE!
WELCOME, You are in the old website section up to 2011, please click HOME to view the website in the new 2012 design and system. THANK YOU!
Die Christelik Gereformeerde Kerk van Australië (CRCA- Christian Reformed Church of Australia) wil alle oud- Suid-Afrikaners hartlik welkom heet. Ons wil alle Suid-Afrikaners in Australië en op pad na Australië aanmoedig om deel te word van ons kerk familie. Verskeie Suid-Afrikaanse families is goed ingeburger in die CRCA gemeentes
Die Christelik Gereformeerde Kerk van Australië (CRCA) en die Gereformeerde Kerk van New Zealand is in terme van kerkvorm en liturgie baie na aan die drie susters-kerke (NG Kerk, die Ned Hervormde Kerk en die Gereformeerde Kerke) in Suid-Afrika. Die CRCA het as belydenisgrondslag die drie Formuliere van Eenheid (Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en Dordtse Leerreëls) en die kerkorde is op die Kerkorde van Dordt gebaseer. Die CRCA sou dus in Suid-Afrika vergelyk kon word met ‘n vereniging van die drie susters-kerke - dit wat die Tussenkerklike Kommissie (TKK) reeds 150 jaar lank probeer bewerkstellig! Om dié rede vind baie Suid-Afrikaners hul voete baie vinnig binne die CRCA. Lidmaatskap vanaf die drie susterskerke word aanvaar deur die CRCA. Ook so is daar reeds Suid-Afrikaanse predikante in Australië wat leraars is binne die CRCA.
Daar is CRCA gemeentes in feitlik al die groot stede van Australië en Nieu Seeland. In Perth is daar byvoorbeeld 5 kerke in die metropool en 1 net suid van Perth. Die Gereformeerde Kerke in Perth wil graag uitreik na oud-Suid-Afrikaners aangesien baie Suid-Afrikaners onbewus is van die bestaan van die CRCA.
Grace Cristian Reformed Church is ‘n nuwe gemeente wat in Perth gestig is met die hoof doel om nuwe immigrante na Australië te bedien. Willetton CRC is die moederkerk van die kerkplanting en hulle kerkraad beheer tans nog vir Grace CRC kerk.
Ons kom Sondae om 9:30vm byeen in die Perth Bible College (PBC) saal.
Tans bestaan die gemeente uit sowat 90% Suid-Afrikaners, almal mense wat die Here lief het en Hom en mekaar wil dien.
In Grace CRC gemeente vind uitreiking plaas op die volgende vlakke:
Een Afrikaanse diens op die eerste Sondag aand van die maand om 6nm in die Perth Bible College saal.
Bybelstudie-groepe kom byeen noord en suid van die rivier
Die bestaande onderrig aktiwiteite bedien alle ouderdomsgroepe. Crèche, sondagskool, katkisasie klasse, jeug byeenkomste, Bybelstudie groepe om maar net ‘n paar te noem. Die jeugdienste en -aktiwiteite is baie dinamies en behels dikwels gesamentlike byeenkomste van die gemeentes. Hierdie jeug aktiwiteite sal baie help om enige tieners te laat tuis voel, goeie vriende te maak en makliker te integreer in hul nuwe omgewing.
Ondersteuning en advies ( bv. oor skole en werksverwante vrae) van mede Suid-Afrikaners in die CRCA – mense wat verstaan hoe dit voel om te emigreer.
Vir die Suid-Afrikaanse lidmate is Grace kerk hulle geestelike “Biltong en Boerewors”.