IMPORTANT NOTICE!
WELCOME, You are in the old website section up to 2011, please click HOME to view the website in the new 2012 design and system. THANK YOU!
Ons is 'n groep Suid-Afrikaners wat inskakel by die twee Gereformeerde Kerke in Londen: die London City Presbyterian Church (LCPC vir kort) en die Cobham Presbyterian Church (CPC vir kort). Die twee gemeentes is deel van die Free Church of Scotland, 'n kerkverband met wie die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika al vir baie jare 'n goeie verhouding het.
Canada Water Kerk
'n Afrikaanse erediens word elke Sondag 18:00 in die Rotherhithe Free Evangelical Church, Lower Road Rotherhithe, Londen, SE16 2TN gehou
London City Presbyterian Church
LCPC huur op die oomblik die St Botolph without Aldersgate, kerkgebou. Dit is naby St Paul's Cathedral (Central Line) in die middestad.
Cobham Presbyterian Church
Die ander "Gereformeerde Kerk" is die Cobham Presbyterian Church (CPC) en hulle ontmoet in die Cobham Centre, Oakdene Road, Cobham, Surrey, KT11 2LY.