IMPORTANT NOTICE!
WELCOME, You are in the old website section up to 2011, please click HOME to view the website in the new 2012 design and system. THANK YOU!
Dubai Afrikaanse Gemeente is 'n gemeente wat op 10 Februarie 2006 die eerste keer in Mirdif byeengekom het vir 'n erediens. Met ons eerste diens was daar 15 persone en sederdien het ons al verby die 600 kerf gegroei.
Ons gemeente fokus is om vir die Afrikaanssprekende in Dubai 'n geestelike tuiste te bied waar ons vir mekaar en ander Jesus se stem en hande kan wees, wat uitreik na nader, hulle begelei na Jesus, hulle help om hulle lewensdoel te vind ten einde die Vader te verheerlik.
Huidiglik hou ons eredienste by vier bedieningspunte: Jebel Ali, Sharjah, Abu Dhabi en Al Ain. Die Woordbediening is in Afrikaans en almal wat Afrikaans verstaan word genooi om te kom inskakel. Ons dienste is informeel met suiwere Woord verkondiging en kragtige lofprysing.
Ons is ook besig om 'n sterk bediening te vestig vir ons kinders, tieners en jong werkendes omdat ons nie net 'n "grootmens" kerk wil wees nie.
Die grondwaardes van ons gemeente is afgelei en gebou op die bedes van die Groot Gebed (Mat 6: 9-13), die Groot Gebod (Mat 22:37:40) en die Groot Opdrag (Mat 28:19). In die uitleef van hierdie waardes gee ons gemeente uitdrukking aan die vervulling van God se visie vir ons in Jes 43:18-22, Jes 35 asook Joh 7:37-39.
• Verheerlik: Ons glo dat die koepeldoel van ons bestaan is om God te verheerlik, daarom is alles wat ons in die gemeente doen daarop afgestem om lidmate te motiveer en toe te rus tot 'n lewe van heiligheid en aanbidding.
• Vermenigvuldig: Ons glo dat God alle mense wil red (1 Tim 2:4, Mat 28:19), dat Jesus gekom het om verlore mense te red en Hy ook die Heilige Gees gegee het om hierdie doel te bereik, daarom bestaan hierdie Gemeente ook ter wille van verlorenes en nie-kerklikes.
• Verstaan en verbind: Ons glo dat die Bybel God se onfeilbare Woord is en dat ons Sy wil vir ons lewens daaruit kan ken, daarom word ons gemeente gerig vanuit die Woord en word elke gelowige uitgedaag, gemotiveer en toegerus om sy/haar volle potensiaal in Jesus Christus te bereik.
• Versorg: Ons glo dat ons versorging deur God uitloop op 'n versorging van mekaar en ander, daarom sal lidmate voortdurend aangemoedig word om deel te word van 'n kleingroep waar hierdie versorging die mees effektiefste geskied deur die gawes wat die Heilige Gees aan elkeen gegee het.
• Versoen: Ons glo dat God die mens geskep het omdat Hy gemeenskap met hom wou hê, daarom is die Gemeente ’n netwerk van liefdevolle verhoudinge, waar ’n kultuur van wedersydse liefde en aanvaarding sal seëvier en waar verhoudingsherstel langs die weg van vergifnis geskied.
• Volhard: Ons glo dat elke gelowige moet volhard in die oorwinning wat Christus oor die bose bewerk het, daarom ondesrteun ons mekaar op hierdie weg deur voortdurende intersessie en danksegging en met die wete dat Jesus by ons is, al die dae, tot by die voleinding van alle dinge.
• Voortreflikheid: Ons glo dat uitmuntendheid God verheerl