IMPORTANT NOTICE!
WELCOME, You are in the old website section up to 2011, please click HOME to view the website in the new 2012 design and system. THANK YOU!
Ons het tans twee bedieningspunte en die eredienste vind op die volgende plekke plaas:
NOORD: Plek: Sewendedag-Adventiste-Kerk, Clarkson
adres: h/v Marmionlaan en Renshaw Boulevard
UBD: Bl 124 P4
Tyd: Sondagoggende om 09:30
Kategese vind plaas na die erediens
SUID: Plek: Sewendedag-Adventiste-Kerk, Palmyra
Adres: FreoChurch, 10 Cleopatra Street
UBD: Bl 326 J4
Tyd: Sondagoggende om 09:30
Kategese vind plaas na die erediens
Beplan u om na Perth te emigreer E-pos gerus navrae@parc.org.au of kontak ds. Gerhard (ds.gerhard@parc.org.au) om te verneem hoe ons u behulpsaam kan wees.
Februarie 2006 beroep PARC (kerk) `n eerste permanente leraar.
Die amptelike stigtingsnaweek was Februarie 2004 en die herdenking in Februarie 2005.
PARC (kerk) is ingelyf as `n nie-winsgewende organisasie en ons webblad http://www.parc.org.au is geregistreer.
Ons logo en leuse `Om God se stem en hande vir Afrikaanssprekendes in Perth te wees` is aanvaar.
`n Amptelike kerkraad is verkies om by die stigterslede oor te neem.
Tydens Pinkster 2004 en 2005 is daar Afrikaanse Pinksterreekse in Perth aangebied.
Die eerste vier jongmense lê belydenis van geloof af.
Die doop word aan drie babas bedien.
Die eerste Kerkbasaar is in Oktober 2004, suksesvol aangebied met `n wins van meer as $3000 (ongeveer R15000).
Die tweede Kerkbasaar is in Oktober 2005 suksesvol aangebied, met `n wins van meer as $4500 (ongeveer R22000).
Die gemeente groei tot meer as 150 lidmate (49 besoekpunte). Ons dank ons Hemelse Vader vir die groei in die gemeente . Augustus 2006 reeds 294 lidmate. Februarie 2007 net onder 400 lidmate.
Ons verkry waarnenemerstatus by die Classis (ring) van die Christian Reformed Churches of Australia, (CRCA) in Wes-Australië.
Ons skakel direk met die Kommissie vir Buitelandse Bediening, `n gekombineerde aksie van die susterkerke.
Uitdagings van `n unieke bediening`n Kerk in Australië wat sy bediening op die Afrikaanssprekendes toespits, vereis `n spesiale benadering. Baie immigrante het slegte ervarings in Suid-Afrika gehad, en het baie verloor om hier te wees. Ons is ook te trots of te skaam om ernstige probleme by die werk, met finansies, die huwelik of kinders openlik te bespreek. Dit en die stres van emigrasie, waar jy sonder `n ondersteuningstelsel van familie en vriende groot aanpassings in lewenstyl en -kwaliteit ervaar, vereis dat die kerk lidmate met liefde en baie geduld, pastoraal sal versorg en ondersteun.
Afrikaanssprekendes wat al `n geruime tyd in Australië woon, se behoeftes en belange verskil van die wat pas geimigreer het. Lidmate met kinders wil `n sterk kinder- en jeugbediening hê sodat die tradisionele Christelike waardestelsel behoue kan bly, om veral groepsd