EMail Print

South African Events

Event 

Title:
Afrikhaki musiekkonsert bied aan: Kurt Darren & Arno Jordaan
When:
09.04.2010 - 10.04.2010
Where:
The Clapham Grand - London
Category:
Live Music Events

Description

Afrikhaki bied Suid-Afrikaners in Londen die geleentheid om die verlange huis toe te troos met die beste vermaak wat Afrikaanse musiek bied.  ‘n Professionele vertoning van meer as 3 ure se topklas vermaak met uitstekende beligting en klank!  Ons gaan dans, sing en partytjie hou soos net Suid-Afrikaners kan. 

Kurt Darren is die topverkoper in Suid-Afrika en die vlagdraer vir die Afrikaanse musiekbedryf.  Elke album se verkope oortref die vorige een, met sy nuutste album, ‘Beste Medisyne’ wat die 100 000 merk oortref het binne dae.  Sy enigste vorige optrede in Londen was in 2008 in Hyde Park toe hy die verhoog met onder andere Eddie Grant, Queen en Josh Groban gedeel het.  By Afrikhaki is hy terug in Londen met sy eerste volle vertoning.  Ondersteuners sal bederf word met al sy treffers, insluitende ‘Loslappie’, ‘Alleen’, ‘Staan op’, ‘Af Af Af’ en ‘Kaptein’. 

Arno Jordaan is een van die opkomende sterre van die Afrikaanse musiekbedryf.  Hy het bekendheid verwerf met Kyknet se Zing kompetisie, en het sedertdien 5 solo albums die lig laat sien.  In 2009 het hy die eerste keer by Skouspel opgetree en hy het ook al by 5 toetse die volkslied vir die Springbokke gesing.  Arno se energieke verhoogpersoonlikheid sal Londen op hul voete hou en sy optrede sal sy treffers ‘Plek vir jou by my’, ‘Gooi jou hande in die lig’, ‘Gee my’ en ‘Engele’ insluit.

 Afrikhaki moet nie misgeloop word nie – bespreek nou om teleurstelling te voorkom! Verwys gerus na die webblad, www.afrikhaki.co.uk vir meer inligting.

 (Vir navrae oor baba- en kinderoppasdiens, stuur asb ‘n epos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it )

Venue

Map
Venue:
The Clapham Grand   -   Website
Street:
21/25 St John's Hill, Clapham Junction
ZIP:
SW11 1TT
City:
London
Country:
UK

Description

Sorry, no description available

SA PROMO Magazine South Africa Issue Available Online!

SA PROMO Magazine PRETORIA

SA PROMO Ltd. t/a SA PROMO MAGAZINE UK Reg No. 5987767 Vat No. 927 7832 83 Address: 95 Cavendish Road, London, SW19 2EY
Copyright © 2007-2010 SA PROMO Ltd. All rights reserved.