Lekker lag grappie van die Boere en Britte

12 months ago written by
23f04c4a8d553dd0f631cb290c3bc8e7

Iewers in die laat 1800’s… of só lui die legende… kom ene Edward Longshanks met 4,000 Britse troepe Suid-Afrika toe om die Boere op te f…

By die slagveld gekom sien hy doer in die verte op ‘n koppie staan ‘n figuur met blonde hare, kortbroek aan met ‘n kam in sy kous.

“Rooinek!” skree die Boer op die koppie. “Kom hier jou Engelse moer! I will gives you one helluva gatskop!”

Edward draai om na sy bevelvoerder en sê: “Take 20 men and deal with that Boer upstart!”

Die bevelvoerder stuur 20 man om die Boer te gaan soek.

Tien minute later staan die Boer weer op die koppie. “You! English donner! Stuur the rest of your Rooinekke. I will donner them almal op!”

Edward raak nou ietwat geïrriteerd en sê vir die bevelvoerder: “Take 100 men and kill that little guttersnipe!”
Die bevelvoerder stuur 100 man oor die koppie.

‘n Rukkie later staan die Boer so waar as wragtig weer op die randjie en skree: “Hey, you ROOINEK! I is just warming up!

Toe verloor Edward kop en stuur 400 troepe om die Boer dood te maak.

Tien minute later staan die Boer maar weer daar.

Sy klere is geskeur en sy hare staan wild.

Dis net snot, bloed en Castle.

Weer skree hy: “Is dat de best ye can do? You bloody vrot pommies!

Come on, come and have a go julle souties! Kom klap me stukkend!”

Rooi in die gesig sê Edward vir die bevelvoerder: Take the rest of the men and don’t come back untill you have killed him!”

Vyf minute later kom een van die troepe al gillende en vol bloed oor die randjie gestorm: “Your majesty!” skree hy,

“It’s a trap! It’s a trap!! There’s two of them!”

What do you have to say?

Article Tags:
Article Categories:
Afrikaans · Entertainment

Comments are closed.