Slim Kind Grappie

2 years ago written by

Seuntjie klim op bus vir skool, en toe hy gaan sit begin hy sing:

“As my pa ‘n leeu was en my ma was leeu, dan was ek ‘n leeuwelpie!

As my pa ‘n koning was en my ma ‘n koninging, dan was ek ‘n prins!”

Busdrywer raak bedonnerd en geirriteerd met die klein laaitie se singery!

Toe die laaitie weer begin sing, se die drywer hoogs die hel in:

“As jou pa ‘n poepol was, en jou ma ‘n straatvrou, wat was jy dan ?”

Laaitie antwoord, “Seker ‘n busdrywer oom!”

What do you have to say?

Article Tags:
Article Categories:
Afrikaans · Entertainment

Comments are closed.