Aan die begin van elke jaar moes ons met die bus oor die berg gaan na Stuttafords in die middestad om ons skooluniforms te koop. Vir kinders was dit ʼn hele avontuur. ʼn Rit in Zambezi laan het gevoel asof mens ver buite die stad lewe. Daar was bome en koeie en vrede.
Ek en my man het ʼn pragtige twee jarige seuntjie, met nog ʼn kleintjie op pad. Ek is ʼn arbeidsterapeut en werk tussen Eugene Marais Hospitaal en Menlyn, so het nie te ver om te ry nie. My arme man werk in Germiston. Hy moet elke oggend en elke aand deur die swaar verkeer sukkel. Van vrede is daar nie sprake nie, en van koeie en bome nog minder. Ons het daaraan gedink om te trek, maar op hierdie stadium geniet ons die kant van berg te veel daarvoor.
Ek en my familie bly almal in Montana. My ouers bly omtrent vier kilometers ver van my af, en my sussie net om die draai. Ons is baie geheg aan mekaar. Met so baie families wat uitmekaar uit geruk is deur immigrasie na ander lande toe, is ek dankbaar dat al my mense hier is. Ons bly veilig agter die Magaliesberg, want ons afsonder van die ergste stad gewoel. Om hier te bly beteken maklike toegang tot plekke soos Dinokeng, Cullinan en Hartebeespoort. Die weer is fantasties, en daar is genoeg van ʼn infrastruktuur dat dit nie rêrig nodig is om ons hoekie van die wêreld te verlaat nie. Ek geniet dit om na twee minute se ry my seuntjie diereplaas toe te vat, om die antikemark hier naby te besoek en gym toe te gaan net hier in die straat af. Montana voel veiliger, rustiger en die ooste se winter maak nie ons tuine dood nie.
Iets snaaks:
Al die huise wat half-pad gebou is, en nou staan hulle leeg. Met die resessie was die eind resultaat ʼn publiek sonder geld.
Beste ding om te doen: geniet die uitstekende seekos by O’Galitos restaurant, besoek Provance antikemark op die eerste Saterdag van elke maand, koop mooi plante en geniet die vriendelike eienares van Katina’s.
Die beste van my area? Ek sien nie die res van die stad nie, ek hoor nie hulle verkeer nie – meeste van die besoedeling is aan hulle kant, en die Hadidas skree harder hier.
Top dinge om te doen? Geniet die uitstekende seekos by O’Galitos restaurant, besoek Provance antikemark op die eerste Saterdag van elke maand, koop mooi plante en geniet die vriendelike eienares van Katina’s.
Hoe, en wat sal jy verander? Die verkeer op Zambezi!