SA PROMO Magazine
  • Lotto Results
  • Terms and Conditions
  • Contact Us
Wednesday, May 14, 2025
No Result
View All Result
  • Home
  • News
    • South Africa
    • Africa
    • World
    • Business & Finance
    • Sport
  • Travel
  • Lifestyle
    • Fashion
    • Entertainment
    • Health
    • Motoring
  • Food
  • Home
  • News
    • South Africa
    • Africa
    • World
    • Business & Finance
    • Sport
  • Travel
  • Lifestyle
    • Fashion
    • Entertainment
    • Health
    • Motoring
  • Food
No Result
View All Result
South African Magazine - SA PROMO
No Result
View All Result
Home Lifestyle

MK Don’t Stop the Music

<span style="color: #666666; font-family: Helvetica, Arial, sans-serif; font-size: 12px; line-height: 16.796875px;">In die jare voor YouTube en Broadband internet, was daar ‘n program op TV, Rewind, met een of ander ou met ‘n 80’s haarstyl. Maar dit was aanvaarbaar, want dit was die 80’s. Daar kon jy Leon Schuster, Manuel Escorcio en Juanita Claassen se nuutste musiek videos te siene kry. Dalk soms ‘n bietjie Roxette, maar die vervaardigers sou sterf voor alternatiewe Suid Afrikaanse bands dekking kry.

by Staff Reporters
2009-10-27 00:00
in Lifestyle
MK Don’t Stop the Music



In die jare negentigs was dit maar so nou en dan dat daar iets op M-Net na die 20:00 movie gespeel is, en verder moes ons maar glo ons bands het nie regtig videos nie, en as jy jou gunsteling kunstenaar wou sien, moes jy wag vir ‘n live show, of maar na die foto’s op die CD-kassie kyk. En toe…

‘n Paar jaar gelede, die jare voor Facebook, toe YouTube net begin het, was daar M-TV. En Channel-O. En VH1 en dit was al. Meeste mense was tevrede met dit, maar iewers in die donker hart van Afrika (of eerder Suid Afrika), was daar ‘n groep mense wat dit nie daar sou laat nie. Hulle wou vir ons eie kunstenaars ook die geleentheid gee om kreatiwiteit so uit te leef – in die maak van musiek videos. Dit was die ontstaan van ‘n musiek kanaal op DSTV, stasie 89.

MK 89. Moenie die kreatiwiteit in die naam aanval nie, M-TV (Music Television) en VH1 (Video Hits) was nou nie rerig pioniers op die gebied nie. Uiteindelik het ons local bands ook ‘n platform gekry om ons musiek videos ten toon te stel.

Skielik was daar ‘n ontploffing. Elke Jan Rap en sy maat (dis ‘n kwessie van tyd voor ‘n band met die naam ontstaan) het nou die geleentheid gehad om musiek videos in te stuur. En ons as kykers kon ons oë vestig op ons gunstelinge, onbekendes wat nuwe gunstelinge geword het en onbekendes wat ons nooit ooit weer sal wil sien nie. Smaak verskil, gelukkig. Die droogte vir ons is verby. Ons kan nou weer kyk, luister en geniet. Danksy DSTV se gedurige veranderinge aan ‘n sisteem wat werk, is dit ook nie meer MK89 nie. Die stasie nommer het verander, en toe ook die naam. Dit is nou slegs MK. En aan hulle, MK – met of sonder ‘n 89 – is ons dankbaar. Please don’t stop the music.

DMCA.com Protection Status
  • Lotto Results
  • Terms and Conditions
  • Contact Us
Copyright © SA PROMO Magazine www.sapromo.com All rights reserved. Reproduction without permission prohibited.
No Result
View All Result
  • Home
  • News
    • South Africa
    • Africa
    • World
    • Business & Finance
    • Sport
  • Travel
  • Lifestyle
    • Fashion
    • Entertainment
    • Health
    • Motoring
  • Food

Copyright © SA PROMO Magazine www.sapromo.com All rights reserved. Reproduction without permission prohibited.