“Hallo baas Rod. Dis Philemon, die gardenboy op jou landgoed. Ek probeer jou al dae lank innie hande kry.”
“Hallo Philemon. Wat kan ek vir jou doen? Is daar probleme?”
“Um. Ek bel net om te vertel die baas se papagaai is dood.”
“My papagaai? Dood? Die een wat die nasionale kompetisie gewen het?”
“Yebo. Dis hy daai.”
“Deksels, dis nou jammer. Ek het ‘n klein fortuin op daardie voël spandeer. Waaraan is hy dood?”
“Hy het vrot vleis geëet baas Rod.”
“Vrot vleis? Wie’t hom vrot vleis gegee?”
“Niemand nie, baas Rod. Hy het die vleis van die dooie perd geëet.”
“Dooie perd? Watter dooie perd?”
“Die thoroughbred baas Rod.”
“My pryswenner perd is dood?”
“Yebo. Hy’s dood van al die harde werk om die waterkar te trek.”
“Is jy nou gerook? Watter waterkar?”
“Die een wat ons gebruik het om die vuur dood te maak, baas Rod.”
“Goeie genugtig, van watse vuur praat jy?”
“Die een in jou huis baas Rod. Die kers, hy het geval en die gordyne aan die brand gesteek.”
“Wat de ongeluk…Wil jy nou sê die huis het afgebrand deur ‘n kers wat omgefoeter het?”
“Yebo.”
“Maar daar’s mos elektrisiteit by die huis. Waarvoor het die kers gebrand?”
“Vir die begrafnis baas Rod.”
“WATTER DONNERSE BEGRAFNIS?”
“Van jou vrou baas Rod. Sy het een aand hier aangekom en vir niemand vertel sy kom nie.
Ek het gedog dis ‘n rower, toe slaan ek haar dood met die baas se nuwe visstok.”
…..STILTE….. ….NOG LANGER STILTE….. EINDELIK…
“Philemon, as jy my nuwe visstok gebreek het, is jy baie diep in die k@k!!”