So, eks nou presies 3 weke hier, waar om te begin met hierdie mail, want in alle eerlikheid, die feit dat ek nog nie mal is nie is ‘n godswonderwerk.
So, die spesiale mense by die agentskap in suid afrika belowe mos dat ons groentjies by bangkok lughawe opgetel sal word, dit het hulle natuurlik gedoen, MAAR, 3ure nadat ons geland het. Ons noem dit maar die eerste keer wat ek nie dik was van die lag nie. 14 ure se vlieg in totaal, so ja, vars is nie die regte woord vir hoe ek gevoel het nie. 2dens, die spesiale mens wat ons kom optel, wag laat ek net byvoeg dat ons 5 mense was, kom toe daar aangesuiker met een kar. Nou mense wat na ‘n ander land toe trek kom mos gewoonlik met fokkol bagasie aan, met gevolg, 6mense + 5 mense se bagasie = PAS NIE IN EEN FOKKEN KAR NIE. epic fail. Maar nou ja, kiepie haal toe maar sy beursie uit en betaal vir ‘n taxi. Nou ja, kom by die hotel aan, boek in, en toe 11uur die aand gee spesiale mens vir ons almal ‘n spanpraatjie. Die uwe deel ons toe mee dat ons die maandag na ‘n seminar toe gaan, oor thai kultuur ensovoorts. Nou ja, lekker geparty die naweek, die strate van bangkok ingevaar ens ens ens.
Kom toe die maandag by die seminar aan, ontmoet Iere, Yanks, Walliesers, Ingelse ens ens ens, moerse nice klomp mense. So, hou vas vir fokkop nr 2. So op die laaste aand van die seminar begin almal werkskontrakte by skole kry, behalwe ek. Waarom? is die vraag op almal se lippe, veral myne. Nee se die thai dame van die agentskap, hulle het nie my graadsertifikate, cv of sulke dokumentasie van my agentskap ontvang nie, so hulle kan my nie plaas by ‘n skool nie. Dankie, kon julle werfetters nie vroeer hierdie klein detailtjie met my gedeel het nie.
Sooo, kruisie nr 2 langs die agentskap se naam. Met gevolg, ek gaan terug na bangkok se strate totdat die agentskap my ‘n skool kan gee. Ja eks op ‘n waglys. Dankie. 3 dae later en ek kry ‘n oproep van daai thai girl wat se dat sy ‘n skool vir my gekry het, bo in die noorde van thailand, amper op burma se grens. Piele vir sannie. Sy se selfs dat dit die jackpot van skole is. Dit was nou die dinsdag oggend. Ek moes die donderdagoggend by die skool wees, dus daai aand moes ek al op die trein, 14 uur trippie. MAAR, sy deel my verder mee dat die skool nog my profiel moet goedkeur. 10uur die aand is ek op die trein, slaaptrein, gemaklike bed, en ooo fok, hier bars die hemels oop, bangkok vloed mos nou al vir ‘n geruime tyd. Een uur AM maak hulle ons wakker en se dat ons moet afklim, die trein kan nie ry nie, want die spore is oorspoel. FOK my, dinge kan nie beter nie. Moeg gaan ek na die naaste reisagentskap, koop ‘n buskaartjie vir die volgende dag, slaap in ‘n hoernes van ‘n hotel, nou kyk, die laaste keer wat ek bang was vir monsters onder my bed was so 25 jaar gelede. Hierdie hotel het weer goeie tye terug gebring.
Aaaanyway, volgende oggend op die bus, en daar gaat ek met ‘n moerse gejuig. Op hierdie oomblik het ek geglo die wiel het gedraai. Min het ek geweet. Nou tydens hierdie uitmergelende busrit bel die thai girl my en gee nommers van onderwysers van die agentskap by die skool wat my sal kom optel, na my woonstel toe vat, verwelkom ens ens ens. Gaaf dag ek. So 8uur die woensdagaand kom ek aan in Lampang, bel nommer nr1 en siedaar, verkeerde nommer. Nr2 = “solly, the numba you have dialled does not exist”Fok se ek. Nr 3….geen sigaar. Nou ja, weereens was ek nie dik van die lag nie. En o kragtie, al die agentskap se mense se fone was afgeskakel. Gesellig ne? SO ja, daar sit ek by die busstop, geswelde vingers in my hol, muskiete wat my leegsuig, en geen lied in my hart. Kruise nr 3 langs die agentskap se naam.
Die polisieman by die busstop praat natuurlik vlot engels, take a bow charles dickens,…en bel toe ‘n vriendin wat ten minste ‘n bietjie kan engels kots. Me Kwan kom tel my op, en ons 3 suiker toe na ‘n straatrestaurant waar hulle my whiskey en kos voer. Ek gebruik maar die term kos, aangesien die inhoud van die bord tot vandag toe ‘n misterie sal bly. Elkgeval, polisieman en me Kwan neem my toe na ‘n hotel naby my skool. The kindness of strangers. Me Kwan tel my die volgende oggend op en vat my skool toe. Weereens dag ek dat die wiel gedraai het. Dom ek. Laat ek net hier byvoeg dat ek die oggend ‘n oproepie deurgesit het na my agentskap met ‘n paar gevleuelde woorde..
Donderdag kom ek by die skool aan,en wat gebeur??? Die hoof lig my in dat hulle nie weet wie ek is nie. Voorts deel hulle my mee dat hulle aan die agentskap gevra het vir ‘n onderwyser met ondervinding en dat hulle nooit eers ‘n profiel van my ontvang het nie. O ja, ‘n onbeskofte fokken Fillepynse vrou is die hoof. Elkgeval, oproep nr 2 na die agentskap…Wat gaan aan vra ek met ‘n glimlag. Toe kom hulle met ‘n storie dat die skool eers wil sien hoe ek klas gee vir ‘n week en daarna besluit of ek bly of ry. Nou aangesien dit die geval is kon ek nie ‘n woonstel kry nie, en moes ek in ‘n hotel bly etc.’n Hotel is natuurlik verniet in Thailand. Die saterdag se thai girl nog dat ek die maandag by die skool moet wees want die skool het nog nie ‘n besluit geneem het nie.
So kom ek maandag by die skool en wie is daar? ‘n Nuwe onderwyser van die agenskap, met ondervinding, Daar is ‘n slang in die gras. Weereens bel ek en vra wat gaan aan? Thai girl is tjoepie tjoepie stil en se toe uiteindelik dat ek moet terugkom bangkok toe. Julle fok my rond se ek vir haar, in afrikaans natuurlik, net omdat ek kon en nogsteeds kan. Kruisie nr 5 langs die agenskap se naam. Hulle het nooit my profiel gestuur nie, en my net by die skool gehou totdat hulle iemand anders daar kon kry, om hulle eie gatte te cover. Die een leuen na die ander.
Elkgeval, daar is ek weer met al my lemoene op die bus die volgende dag. Nou op hierdie stadium was my gat al behoorlik vol. HAHAAA amper vergeet, op die bus na lampang het ek ‘n suid akrikaanse paartjie ontmoet, so 50 jaar oud, het die trip darem uithoudbaar gemaak. MAAR…waarom kak mense nie voordat hulle op ‘n bus klim nie? of tydens ‘n stop by ‘n vulstasie nie? Nee nee, ons eet mos pittige kos, hou daai stoelgang totdat ons op die bus sit en wegtrek en dan gaan kak ons, want ‘n fliek op die bus is mos nie genoeg vermaak nie. Nou ja, dis thailand, 8 uur op ‘n bus met reuke wat jou maag laat ruk, lieflike klankies wat so deur die bus getrek het…
En woeps daar is ek terug op die bus bangkok toe. So verlede dinsdag is ek terug in bangkok. Op hierdie stadium wil ek net vertel dat ek gedurende die eerste tyd in bangkok ‘n thaise meisie ontmoet het, kontak gehou het en haar so vertel het oor hoe die agentskap.
Actual Published Date31 December 2010