Valley Lodge is een van die gekeurde warmlugballon lodges en ek was aangenaam verras! Die Vally Lodge het ‘n vier ster gradering en ek sal dit persoonlik maklik nog ‘n ster by kan gee. Dit is ‘n sekure en eksklusiewe wegbreek en smaaklik gemeubileer. Die ete het my uiteindelik oortuig dat ek wel weer hierdie lodge sal besoek! Die fasiliteite, natuur stap roetes en die gesondheids sentrum het eintlik net bygedra tot die wonderlike lodge. Ontspanningsgeriewe is alles komplimentêr. Dit is ‘n rustige landelike ontsnapping vir enige okasie ~ Valley Lodge sal jou begeerte van standaard van lewe verander.
UITSIG~ ” birds eye view”
Om so te sweef duisende voet of meer bo die grond, en starende na die aarde benede, die koel fris vars lug in die vroeë oggend te geniet, die bries teen jou gesig te voel en die omgewing so stil jy kan fluister met mekaar…….. die absolute opwinding van warmlugballon is ‘n onbeskryflike ervaring.
Elke nou en dan is die stilte gebreek deur nou en dan die gasbrander wat die lug warmblaas met gas om te verseker die lug is warm genoeg om ons aan die beweeg te hou. Andersins het ons geruisloos en sagkens deur die lug gesweef.
Warmlugballon is ‘n unieke vervoer – verskillend en iets baie spesiaal. Die opwinding begin wanneer jy begin met beplanning. As jy nog nooit die ondervinding gehad het nie, soos my vrou en ek, verbeel ‘n mens dit is iets heeltemal anders (indien jy ‘n bietjie navorsing gedoen het). Ek het opsetlik dit nie gedoen nie, want ek wou die ondervinding eerstehands ervaar.
Ons was al 02h00 wakker, gewag vir die wekker om af te gaan en 04h00 het ek die kaart versigtig bestudeer om by Bill Harrop’s se lanseringsveld betyds te kom sonder oponhoud. Die lanseringsveld is geleë by Skeerpoort in die Magalies rivier vallei.
Die weer was gemonitor en alles was gereed om te vertrek. Na ons inbespreek het op ons vlug, het ons ‘n vroeë oggend koppie koffie geniet en die bemanning dopgehou hoe hulle die ballonne gereed gemaak het op die gras. Hulle begin om die ballonne op te vul met lug (gebruik brandstof gedrewe blasers) tot omtrent 90 persent vol en dan word die gasvlam gebruik tot die ballon regop is.
Alles is gereed vir vertrek, ons loods Bill, het per radio laat weet die passasiers,al ses van ons, om aanboord te gaan. Die grondpersoneel het ons gehelp om in die mandjie te klim wat 1 200 sm diep is. Almal aanboord, is die landingsprosedure verduidelik en ons moes dit oefen. Toe ‘n groot knal van die gasbrander vir ‘n paar sekondes en daar gaan ons op! Een meer groot knal en ons is oor die klubhuis en het stadig in ‘n westelike rigtig beweeg. Ons het hoeër en hoeër gegaan. Wat ‘n ongelooflike pragtige uitsig, 720 grade panoramiese uitsig ~ net soos Bill dit beskryf het. Die skouspel van die ander kleurvolle ballonne om ons, verlig deur die groen lente landskap, en die kontoere en kleure van die aarde so ver benede ons was asemrowend.
Die swewende gevoel van warmlugballonne is ‘n onbeskryflike ondervinding!
Bill het die omgewing goed beksryf van die die plase wat ons omring het. Hy was al besig om vir ‘n landingsstrook te soek en ons kon die herwinningsvoertye met sleepwaens sien nader. Ons was in die lug vir ongeveer 50 minute. Die kalm kondisies het Bill in staat gestel om die mandjie op die sleepwa te land. ONGELOOFLIK!
Terug op “terra firma” (die grond) het ons die wonderlike ondervinding gevier met sjampanje en lemoensap. Weer terug by die basis het ons ‘n hartlike ontbyt geniet en ‘n sertifikaat ontvang om die dag te herdenk.
‘n Onvergeetlike ondervinding, magies, die naaste ding tussen hemel en aarde.!
Bill Harrop’s Original Balloon Safaris has been operating as a legally licensed Balloon Air transport Service since 1981. This family business is run by Bill and his wife Mary, son Sam and daughter Sarah.
Bill Harrop’s “Original” Balloon Safaris Tel: 011 705 3201