Een van die mees opwindinste ontwikkelings is a kleiner weergawe van die Kruger Park wat bekend sal staan as the Dinokeng Groot 5 Wildreservaat– en net 30 minute se ry van Pretoria! Die Dinokeng area beslaan die Noord-oostelike kwart van Gauteng.
Om mense meer bewus te maak van die Dinokeng area , het “Magnificent Wine Safari” die konsep ontwerp die “Wine Safari”. Samestelling van die beste van altwee wêrelde, wat ‘n halfdag aktiwiteit wat deels bosveld en deels wyn toer ondervinding is. Dit vat jou eintlik op ‘n reis deur sommige van die wyn landgoed van die Wes-Kaap asook op ‘n stadige roete deur die werklike Dinokengreservaat, waar die Wyn Safari aangebied word deur heelwat pragtige en goed georganiseerde lodges (bosherberg).
Die Gecko Lodge (www.geckolodge.net) het die Wyn Safari aangebied as die loods van die Bosveld Wyn en Kos Fees op die 19de September 2009.
Implementasie planne is goed op dreef vir die konstruksie van die hekke. Die reservaat het reeds goeie voorraad met ‘n verskeidenheid van wild en die progressiewe inplementering van die leeus, olifant en buffels is ook beplan. Daar is 200 Lodges in die area en die lodges sal ook geroteer word op ‘n gereelde basis om die “wine safari” ondervinding vars en interessant te hou.
DIE WILDERNIS IN
Verby die N1 op Zambezi Rylaan, het ons afgedraai noordwaarts op die R573 in die rigting van Kwamhlanga vir 35km en links gedraai by die Hartbeesfontein afdraai vir nog 10km. By die Nyani Conservancy/Gecko Lodge bord het ons links op die grondpad vir ongeveer 2km gery en ons was in die middel van die bosveld!. Oppad, verby al die hekke van heelwat lodges, het ek ‘n wonderlike gevoel van tevredenheid ervaar met die besef dat die hele Dinokeng area se doel is om die wild be beskerm tot sy volle eer. Geen wonder die Nasionale Parke Raad het geen ander keuse gehad as om die area te bewaar as die Dinokeng Groot 5 Wildreservaat, en dit so naby die stad!
LAAT DIE WYNPROE BEGIN
Met die aankoms by Gecko Lodge, rooi tappyt en al, het ons ‘n gegraveerde safari wynglas vir ons wynproe van 18 soorte wyne van 7 verskillende landgoed gekry. Wyn etiket was aangebied deur Charl Steyn, wat New View Wines and Whiskies verteenwoordig, en wildsvleis met wyn gekombinasies was goed verduidelik. Ook ingesluit was die proe van verskeidenheid kaassoorte, meer vullende etes was ook beskikbaar.
DIE BOSVELD GEVOEL
Later die aand was ons vermaak deur ‘n orkes was baie genotvolle musiek gespeel het by ‘n oop vuur wat bygedra het tot die bosveld atmosfeer. Ons is toe weg na Leopardsong Game Lodge (www.leopardsong.com) waar ons oornag het, vriendelike personeel het ons verwelkom in die donker nag wat dit werklik onvergeetbaar en spesiaal gemaak het in die uitgestrektheid van die bos.
In die vroegoggend ure, het my vrou die gordyn oopgemaak om buitentoe te kyk en die Nyala wat besig was om te wei gesteur, hy het net opgekyk, oogkontak gemaak en voortgegaan met wei. Ons het ‘n vyfster ontbyt geniet voor ons huistoe is met ‘n kopvol kennis van wyn en die ontspannings gevoel van die bosveld.
Aangesien Pretoria net 45km weg is, kan “The Winde Safari” gedoen word enige dag van die week as ‘n halfdag toer op aanvraag van gasgte, besighede en toergidse. Die pakket sluit in besoek aan 3 lodges, ‘n ligte ete, proe van 18 wyne van 7 verskillende landgoed en ‘n safari- sak, gegraveerde safari wyn glas, padkaart van Dinokeng area en ‘n bottel water.
Vir meer informasie www.thewinesafari.co.za