Kondome:
Man: “Ek het my Olimpiese kondome vandag gekry! Vanaand dra ek ‘n goue!”
Vrou: “Hoekom dra jy nie die silwer nie, dan kom jy ‘n slag tweede!”
Gatiep en Meraai :
Meraai loop in die straat met ‘n baie stywe jean.
Gatiep: ” Meraai , is djy nie bang vi Fauna & Flora nie?”
Meraai : “Never! Hoekom?”
Gatiep: “Omdat djy daai arme parratjie so wurg!”
Zim:
Die toestand in Zimbabwe verswak so erg dat hulle ystervarke verkoop vir scrap metal!
Brandewyn :
Waarvan word brandewyn gemaak?
Tyres & Panties! As jy dit drink wil jy net spin en spyker!
Wegkruipertjie:
Wat is die verskil tussen wegkruipertjie en tiener seks?
Niks nie, 1,2,3,hier kom ek!
Stokstyf:
Die laaitie kom kaal by die badkamer uitgeloop, alles aan sy lyf is stokstyf.
Om die draai loop hy in sy ma vas. Sy bekyk hom op en af en sê: “Boetie staan net hier ek gaan net gou jou pa en die jumper kabels haal.”
Boemerang:
Wat noem jy ‘n boemerang wat nie werk nie?
‘n F*#&$^%# Stok.
Laatlam:
Vraag: Wat is ‘n laatlam?
Antwoord: Uit de oude doos.
Kamp Staaldraad:
Kamp Staaldraad van die Springbokke was so suksesvol, dis nou verpligtend vir die SA vroue netbalspan.
Dit word genoem Kamp Staalwol.
Vlooi:
‘n Vlooi hardloop by ‘n kroeg in, slaan 5 dubbel whisky’s weg, hardloop uit, spring in die lug, moer op sy bek neer, staan op en skree: O Fok! My hond is gesteel!!
Springbokke:
Daar is twee mens gemaakte items wat uit die buitenste ruimte waargeneem kan word.
Die grootste een is die groot muur van China en met ‘n kortkoppie in die tweede plek is die gaping in die Springbokke se verdediging.
Aspoestertjie:
White is genooi na Aspoestertjie se bal. Hy gaan glo as ‘n pampoen.
Wanneer die klok middernag slaan hoop hy om in ‘n “coach” te verander.
Koei:
Wat maak “Oooooo”?
‘n Koei sonder lippe.
Mot:
‘n Man loop in by ‘n tandarts en sê: ” Kan jy my help asseblief? Ek dink ek is ‘n mot?”
“Jy het nie ‘n tandarts nodig nie.”, sê die tandarts, “Jy het ‘n sielkundige nodig.”
“Ek weet!” sê die man.
“Nou hoekom het jy hier ingestap?” vra die tandarts.
” Die lig was aan!”, sê die man.