Dis nou al die derde keer wat ek hom sien optree, en die tweede keer in London, en hy oortref homself elke keer.
Maar wat hom beter maak as die gewone ou wat sit en sing met ‘n kitaar is sy talent. Dis iets wat al sinoniem met hom is. Die gewone sit en so paar bekende liedjies sing en so hier en daar die skare bedank is nie sy styl nie.
Hy is ‘n volkome entertainer. Hy laat jou lag met sy stories van waar sy musiek vandaan kom. Hy laat al die dames “Aaaah” sÍ oor sy stories oor hoe sy hart gebreek is en hoe diep hy in Dezi se oÎ moes staar en so sy hart verloor het. Hy stop in die middel van ‘n liedjie en voer ‘n denkbeeldige gesprek met ‘n denkbeeldige alien wat uit ‘n denkbeeldige ruimteskip klim en val dan sonder om ‘n noot te mis weer in met die liedjie waarmee hy besig was. Dis talent. Maar die ding wat hom, volgens my, rÍrig goed maak is dat hy nie skroom om die gehoor gelukkig te hou nie. Chris Chameleon kan sing. Chris Chameleon kan die gehoor vermaak, maar die belangrikste van alles, vir ons hier in die vreemde, hy kan ons gevoelens deel, want hy was ook hier om ‘n toekoms te soek. En by gebrek aan verskietende sterre in die Britse nag, het hy drie hoenders gekoop by ‘n chicken shop, die wensbeentjie waarna hy gesoek het in die derde een gekry en van daar af sy wens laat waar word – ongeag daarvan dat hy die trekking verloor het. Hy is ‘n entertainer, en hy gaan nog vir lank een wees.