Deelname aan ons studie is heeltemal anoniem, en neem ongeveer twee ure. Tydens jou deelname sal ons jou vrae om ’n vraelys te voltooi oor hoe jy taal gebruik, asook om ’n lys woorde en sinne te lees waarvan ons ’n opname sal maak. Deelnemers sal £25 ontvang as vergoeding vir hulle deelname.
Datums vir deelname wat tans beskikbaar is:
- 8,9 en 10 Maart 2015 in Sentrale London (John Harvard Library, Borough High Street).
- Datums van laat April tot Augustus is ook moontlik vir ander plekke in en rondom London. Voel vry ons te kontak om hieroor navrae te doen.
As jy belangstel om deel te neem, of vir enige ander navrae oor die studie, kontak ons gerus by afrikaanstaalstudie@umich.edu
Baie dankie vir jou ondersteuning van ons werk oor Afrikaans in die buiteland!
Click Here for more information.