SA PROMO Magazine
  • Lotto Results
  • Terms and Conditions
  • Contact Us
Saturday, May 17, 2025
No Result
View All Result
  • Home
  • News
    • South Africa
    • Africa
    • World
    • Business & Finance
    • Sport
  • Travel
  • Lifestyle
    • Fashion
    • Entertainment
    • Health
    • Motoring
  • Food
  • Home
  • News
    • South Africa
    • Africa
    • World
    • Business & Finance
    • Sport
  • Travel
  • Lifestyle
    • Fashion
    • Entertainment
    • Health
    • Motoring
  • Food
No Result
View All Result
South African Magazine - SA PROMO
No Result
View All Result
Home Afrikaans

MUSIEK INNI VK December 08

Ek moet erken, voor Lize Beekman ons hier in London kom warm sing het met haar ryk stem en lekker stories, het ek net geweet sy is iemand wat sing, en nie veel meer nie. En is ek nie spyt nie? Van die eerste oomblik wat haar helder stem my onkant gevang het, tot by die amperse wese verandering wat sy ondergaan as sy begin stories vertel, soos net 'n meisie wat Melkbosstrand huis noem, kan

by Staff Reporters
2009-02-22 00:00
in Afrikaans
MUSIEK INNI VK December 08

. Eers was dit vlakasem van opgewondenheid om uiteindelik ‘n jare lange droom van haarself te verwesenlik deur in London op te tree. Daarna lekkerverlang stories en liedjies van haar 101 jarige Ouma Bessie, en die briewe van Ryno, haar “vriend wat langs die grootste water bly” – meer as dit is nie algemene kennis vir die publiek nie! Maar die een staaltjie en verhaal agter ‘n liedjie wat sy vertel het, wat my persoonlik diep geraak het, was iets wat net Suid Afrikaners sal verstaan. Dis iets wat elkeen van ons, of ons nou in London, Dubai, Perth of Quebec sit, al iewers van gehoor of gesien het. Heel eenvoudig, ‘n Boer wat bly is, dankbaar is oor reÎn. Genadewater. Sy het ‘n boer sien dans, hoed in die hand, in die Karroo, uit suiwer dankbaarheid vir die reÎn. Dis daardie einste tipe reÎn wat so lekker ruik in die somer. Die reÎn wat daai middaghitte breek, en dis dit wat my laat weet het, ek is dankbaar dat ek na Suid Afrika toe kan terugkeer, en weet, afgesien van Eskom wat nie vir ons krag het nie en die petrol wat so duur is, daai lekker kry, soos sy dit so goed in die liedjie beskryf het, is iets wat altyd in elke Suid Afrikaner se bloed is. En saam met die ‘Sonneblom uit Bethlehem’, sal daai herinnering en gedagte van die eerste keer wat ek Lize Beekman sien optree het, altyd by my bly, en as ek haar hopelik in die toekoms weer sien optree, sal dit op eie bodem in ons geliefde land wees. Musiek groete Gerrie

Tags: MusicMusiek
DMCA.com Protection Status
  • Lotto Results
  • Terms and Conditions
  • Contact Us
Copyright © SA PROMO Magazine www.sapromo.com All rights reserved. Reproduction without permission prohibited.
No Result
View All Result
  • Home
  • News
    • South Africa
    • Africa
    • World
    • Business & Finance
    • Sport
  • Travel
  • Lifestyle
    • Fashion
    • Entertainment
    • Health
    • Motoring
  • Food

Copyright © SA PROMO Magazine www.sapromo.com All rights reserved. Reproduction without permission prohibited.