SA PROMO Magazine
  • Lotto Results
  • Terms and Conditions
  • Contact Us
Wednesday, January 14, 2026
No Result
View All Result
  • Home
  • News
    • South Africa
    • Africa
    • World
    • Business & Finance
    • Sport
  • Travel
  • Lifestyle
    • Fashion
    • Entertainment
    • Health
    • Motoring
  • Food
  • Home
  • News
    • South Africa
    • Africa
    • World
    • Business & Finance
    • Sport
  • Travel
  • Lifestyle
    • Fashion
    • Entertainment
    • Health
    • Motoring
  • Food
No Result
View All Result
South African Magazine - SA PROMO
No Result
View All Result
Home Afrikaans

MUSIEK INNI VK February 09

Soos vele musikante jaarliks in foggy Lahnduhntown erken, is dit een helse voorreg om daar te kan wees. En as hulle voor 'n uitverkoopte gehoor speel, is dit net nog 'n pluimpie wat hulle aan hulself kan gee om te erken dat hulle nou rÍrig goed is.

by Staff Reporters
2009-02-22 00:00
in Afrikaans
MUSIEK INNI VK February 09

Teen die tempo wat groepe en musikante in Suid Afrika na vore kom en CD’s vrystel, bepaal die wet van gemiddeldes dat 2009 weereens ‘n ryk jaar vir Suid Afrikaanse musiek gaan wees. Maar die begin van die jaar gaan relatief droog wees, as dit enigsins moontlik is in die Britse winter, met baie min aksie op die musiekfront vir Saffas daar. Dit alles bou op tot Julie 2009. As jy dan al elke dag jou ma bel en heeltyd Afrikaanse musiek op YouTube luister, is Immergroen jou redding. Die fees, wat oor twee en ‘n halwe dae gaan strek, sal jou musieklus 100% bevredig, terwyl jy aan worsbroodjies en koeksisters kou.

Dit gaan ‘n fees wees soos ons kunstefeeste in SA ken. Stalletjies, musiek, braaivleis, musiek, Suid Afrikaanse TV programme en advertensies op ‘n groot skerm, musiek, potjiekos kompetisies en musiek! Kunstenaars wat die fees gaan bywoon sluit reeds Bok van Blerk, Chris Chameleon, Karen Zoid, ddisselblom en Klopjag onder andere in en daar is onderhandelinge aan die gang met nog kunstenaars om die speellys nÛg meer uit te brei vir die feestelikheid. So vir die eerste paar maande moet ons maar vir mekaar sing tot die groot name vir ons kan kom sing. Die kaartjies is reeds beskikbaar, maar vir die Vrydagaand van die fees is daar ‘n beperkte aantal kaartjies vir die eksklusiewe unplugged vertoning wat deur twee van die kunstenaars gehou gaan word. So spring dus vinnig om die geleentheid nie te mis nie. So begin solank jou credit crunch dinge uitsorteer en jou verlof reel vir die naweek, kry al die informasie op immergroen se webwerf (www.immergroen.com) en nooi jou vriende. Die een gaan kook. Musiek groete Gerrie

 

Tags: MusicMusiek
DMCA.com Protection Status
  • Lotto Results
  • Terms and Conditions
  • Contact Us
Copyright © SA PROMO Magazine www.sapromo.com All rights reserved. Reproduction without permission prohibited.
No Result
View All Result
  • Home
  • News
    • South Africa
    • Africa
    • World
    • Business & Finance
    • Sport
  • Travel
  • Lifestyle
    • Fashion
    • Entertainment
    • Health
    • Motoring
  • Food

Copyright © SA PROMO Magazine www.sapromo.com All rights reserved. Reproduction without permission prohibited.