SA PROMO Magazine
  • Lotto Results
  • Terms and Conditions
  • Contact Us
Friday, March 6, 2026
No Result
View All Result
  • Home
  • News
    • South Africa
    • Africa
    • World
    • Business & Finance
    • Sport
  • Travel
  • Lifestyle
    • Fashion
    • Entertainment
    • Health
    • Motoring
  • Food
  • Home
  • News
    • South Africa
    • Africa
    • World
    • Business & Finance
    • Sport
  • Travel
  • Lifestyle
    • Fashion
    • Entertainment
    • Health
    • Motoring
  • Food
No Result
View All Result
South African Magazine - SA PROMO
No Result
View All Result
Home Afrikaans

MUSIEK INNI VK Zinkplaat

Zinkplaat gesels met Craig Le Roux van Immergroen Zinkplaat. Hoekom Zinkplaat? Hoe het die band begin? Wie is Zinkplaat? Ons het vroeer hierdie maand ses jaar oud geword en toe met 'n skok besef dat ons glad nie meer onthou waar die naam vandaan kom nie. Deur die jare het ons al so baie liegstories daaroor vertel, dat ons self nie meer weet wat die oorsprong is nie.

by Staff Reporters
2009-04-20 00:00
in Afrikaans
MUSIEK INNI VK Zinkplaat

Die band het begin toe Bertie Coetzee in matriek was en besluit het om die liedjies wat hy in sy koshuiskamer geskryf het, met ‘n band te begin speel. Hy begin toe met ‘n blues kitaaspeler in sy klas, Basson Laubscher, te jam. Binne ‘n paar maande het Beer Adriaanse, wat ‘n jaar jonger in die skool was ook aanboord geklim en ‘n dag later het Beitel v/d Merwe ook by die band aangesluit. Die line-up het nog nie in ses jaar enigsins verander nie.

Zinkplaat is ‘n Afrikaanse rock band wat met oop koppe en oop arms hulle ervaringe in Suid-Afrika in musiek inweef.

Hoekom Afrikaans? Julle musiek is excellent, Engels sal mos ‘n groter mark bereik?
Dit was nog nooit regtig vir ons ‘n keuse nie. Destyds was ons baie trots daarop om een van die enigste jong Afrikaanse bands op die toneel te wees. Engels is in baie opsigte al verby sy kreatiewe kruin in terme van dieselfde goed wat maar oor en oor gedoen word. Afrikaans het nog baie ruimte vir verbetering en dis ons moedertaal.

Wat is julle doelwitte?
Ons wil net musiekmaak waaroor ons nie eendag skaam gaan wees nie. Ongelukkig gaan ons dit eers dan weet!

Immergroen: Hoe voel julle oor die Fees?
Ons sien baie uit na Immergroen. Dit is ‘n goeie idee om so ‘n groot saamtrek te reël vir al die ex-pats daar in Engeland. Dit klink soos ‘n lekker mengsel tussen die Europese idee van summer festivals, en ‘n Suid-Afrikaanse fees. Hopelik is daar nie so baie backtracks soos by die KKNK nie!

Immergroen: In jou opinie, dink jy Immergroen is anders as enige ander fees?
Dit klink baie anders as ander feeste. Ek dink die uniekheid van die fees gaan bepaal word deur die mense wat daarheen gaan kom. As dit ‘n klomp oopkop Afrikaners gaan wees, gaan dit ‘n baie lekker fees wees.

Tags: MusiekSouth African MusicZinkplaat
DMCA.com Protection Status
  • Lotto Results
  • Terms and Conditions
  • Contact Us
Copyright © SA PROMO Magazine www.sapromo.com All rights reserved. Reproduction without permission prohibited.
No Result
View All Result
  • Home
  • News
    • South Africa
    • Africa
    • World
    • Business & Finance
    • Sport
  • Travel
  • Lifestyle
    • Fashion
    • Entertainment
    • Health
    • Motoring
  • Food

Copyright © SA PROMO Magazine www.sapromo.com All rights reserved. Reproduction without permission prohibited.