Robbie Wessels, alleen gekry het om in ‘n “Saffarazzi interview Style” persoonlike brokkies inligting onder die vergrootglas te plaas.
Robbie Wessels is ‘n trotse en baie rustige boerseun en mens kan vinnig agterkom hy is lief vir die ‘n plaas en die Karoo . Hy was baie opgewonde oor sy Londen optredes en alhoewel dit so baie gereen het, was hy eintlik bly, want soos ‘n boer het hy met ons gedeel dat hy die reen baie geniet, al is dit hier in Londen.
Hier is so paar vrae en antwoorde oor Robbie, – maar onthou die interview-video kan gekyk word op www.saffarazzi.com
“Elle” Wat was jou eerste werkie?
Robbie: Op skool was ek een keer ‘n petrol joggie vir 3 dae teen R3 per uur. Die snaakste was dat ek by elke derde kar vergeet het om die prop terug te sit, so elke dag het nuwe mense hulle proppe kom haal. Eintelike was my eerste werk as ‘n “Mime Artists” by die Pretoria Skou, maar ek kon nooit lank genoeg stil staan nie, so sing was maar die way forward.
“Elle” Wat is of was nog altyd jou grootste invloed in jou musiekloopbaan?
Robbie: Theuns Jordaan, amper eerste song wat ek gespeel het op kitaar was “Beautiful in Beauford-Wes”.
“Elle” Hoe was die Suid-Afrikaaners by jou konsert tot dusver?
Robbie: Amazing, ek kon sien so 90% van hulle verlang terug en dit het baie gehelp, want almal het lekker saam gesing en alhoewel dit baie langer shows was as wat ek gewoond is, het ek my stem glad nie ooreis nie.
“Elle” Wat sou jy van die VK terug wil vat SA toe as jy kon?
Robbie: By verre ‘n Engelse plaas, om net so die stuk grond om op my toekomstige plaas te sit in Suid Afrika. Ek het oppad Skotland toe, so uit die trein na die plase gekyk. Hulle het die helderste groen gras wat ek nog ooit in my lewe gesien het en die skape lyk so moerse happy – hulle het mooi vir my ge-smile – al die pad.