“R5”, sê die oom.
“Ek wil asb daai bloue hê, oom”.
“Luister Boet, die hele hok is vol budjies en almal is R5. Ek gaan nie die bloue probeer vang nie.
Jy sal maar die eerste een wat ek vang moet vat”.
Die outjie hou aan hy wil die bloue hê.
Hy sien die oom begin hom vererg en sê: “Ek sal oom betaal wat my pa vir ‘n skaap betaal”.
Baie vinnig gryp die oom sy vangnet en met ‘n groot gesukkel vang hy die bloue. In die proses skryf hy ‘n paar ander budjies af.
Hy sit die budjie in ‘n papiersakkie met gaatjies en gee vir die outjie.
“Hoeveel betaal jou pa vir ‘n skaap?”
“R35 per kilogram oom. Sal oom asb die budjie weeg?