Als om ‘n mens is soveel anders as in Suid Afrika, ‘n mens sien net geskiedenis om jou wanneer jy in die stad loop. Hier is ook baie verskillende kulture wat na die UK toe kom, dis verbasend hoeveel mense van reg-oor die wereld ons al ontmoet het.
Ek is gebore in Pretoria en het skool gegaan by Hoërskool Wonderboom. Na skool het ek fotografie studeer voordat ek besluit het om die wêreld te sien.
Ons het besluit om na Engeland toe te gaan en vandaar af te begin toer.
Ons het in London geland en het die ergste verwag, soos al die stories wat ‘n mens deur die jare van vriende hoor. Ons vlug het op Heathrow geland waar ek lang toue en ongeskukte vrae verwag het. Tot my verbasing was die heeltemal die teenoorgestelde. Ons het ons tasse gekry en was met hande-vol notas en aanwysings daar weg om ons te help van Wes London to deur die stad en na St Albans toe waar ons vir die eerste drie maande gebly het.
Met ons geluk het die resessie die UK getref en om werk te kry het n bietjie langer geneem as wat ons gedink het. Maar het op n wonderlike administrasie pos ag gekom in die middel van London en het die ondervinding baie geniet.
Om in London te bly beteken lang roetes werk toe en terug huis toe elke dag. Ek het ‘n wonderlike roete gehad was beteken het dat ek elke dag met die bus verby die ‘Big Ben’, die Parlament geboue, die ‘London Eye’ en baie ander historiese geboue gery het. Ek is mal oor al die hiestorisie geboue in London. My ondervinding in London was nog net positief en sal baie graag nog n paar jaar hier wil woon.
Ek is baie verbaas hoe maklik dit is om van hier te toer en beplan om soveel as moontlik in Europa te sien en plekke soos Dubai, Egypte en Thailand to sien voordat ons terug Suid Afrika toe gaan.
Hometown: Pretoria-Noord, bly nou in Londen
Die beste van my area? Die weer! Ek weet meeste Suid-Afrikaners hou glad nie van die weer in die UK nie maar ek verkies 15ºC. Ek hou ook baie daarvan om al die bekende landmerke te sien.
Top dinge om te doen?
1. Besoek die Tower of London, dit sluit in die Crown Jewels
2. Stap deur Hyde Park en Regent’s Park, baie relaxing
3. Pub crawling. Engelse pubs is so anders as ‘n bar soos ons dit ken, elke pub is baie exciting!